Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG COLESBERG

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: VOLTYDSE LERAARSPOS

 

Gemeenteprofiel:

COLESBERG is ’n plattelandse dorp, langs die N1, in die Noord-Kaap en ongeveer 200 km vanaf Bloemfontein. Alhoewel die gemeente in die Noord-Kaap-provinsie geleë is, is ons sinodaal ingeskakel by die Oos-Kaapse Sinode. ’n Hele aantal vee- en wildsplase is binne die gemeentegrense. Die gemeente bestaan uit ongeveer 401 belydende en 87 dooplidmate wat verdeel is in vier plaas- en 14 dorpswyke. Binne die gemeente funksioneer ’n tehuis vir senior lidmate.

 

Leraarsprofiel:

  • ’n Leraar van die NG Kerk wat begrip en liefde toon vir ’n plattelandse gemeenskap se unieke behoeftes en omstandighede.
  • Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde, oortuig wees van die roeping van die Here om as leraar diensbaar te wees in die gemeente.
  • Skrifgetroue Woordverkondiging doen, verbind wees aan die gereformeerde leer en belydenisskrifte van die NG Kerk.
  • ’n Hart hê vir die aktiewe bediening met die doel om ’n verskil te maak in ons gemeente en gemeenskap.
  • ’n Passie hê vir die bediening van die Woord, en die verkondiging van die evangelie (die Goeie Nuus) van ons verlossing in Jesus Christus.
  • ’n Leier met goeie menseverhoudinge wat na lidmate op alle sosiale vlakke kan uitreik.
  • Rekenaargeletterdheid en -vaardigheid in die gebruik van tegnologie in die erediens.

 

Vergoeding en voordele:

’n Vergoedingspakket volgens die Oos-Kaapse sinodale riglyne word aangebied. Die volledige vergoedingspakket, wat ’n ruim pastorie by die kerkgebou insluit, sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

 

Aansoeke:

’n Volledige CV, nie langer as drie bladsye nie, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente aan: ngkerkcolesberg@absamail.co.za

Beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ’n preekgeleentheid tussen 24 Julie en 7 Augustus 2022.

 

Sluitingsdatum: 31 Mei 2022.

 

Diensaanvaarding: 1 Oktober 2022 indien moontlik.

 

Navrae:

Fanie Slabbert, 082 921 0756 of Rian Lingenfelder: 083 309 8872.

 

Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling te maak uit die aansoeke wat ontvang is nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.