Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Amsterdam (Mpumalanga)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: LERAAR – VASTE/DEELTYDSE LERAARSPOS

(ONDERHANDELBAAR)

 

Die sluitingsdatum vir aansoeke is 6 Mei 2022.

Gemeenteprofiel:

Ons visie: Soos ons Here Jesus Christus wil ons ook dien.

Die gemeente van Amsterdam is geleë in Mpumalanga, 70 km vanaf Ermelo en 48 km vanaf Piet Retief, naby Nerston – grenspos na eSwatini. Ons is ’n tipiese eenmansgemeente op die platteland, met al die uitdagings wat klein gemeentes bied. Amsterdam val onder die Ring van Wakkerstroom en bestaan uit 121 belydende en 28 dooplidmate.

 

Bedieningsareas wat vir ons as gemeente fokuspunte is:

  • Gesonde verhoudinge en uitbou van die gemeente.
  • Leiding t.o.v. suiwer en vernuwende liturgie.
  • Bediening van bejaardes.
  • Jeugbediening met die oog op die voortbestaan en toekoms van die gemeente, asook laerskoolbediening.

 

Leraarsprofiel:

In aansluiting by die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, moet die leraar:

  • ’n Lewende, persoonlike verhouding met God Drie-enig hê en dit beskou as ’n roeping om in sy diens te staan.
  • ’n Gelegitimeerde van die NG Kerk wees.
  • Met kreatiwiteit, motivering, energie en goeie beplanning, in spanverband met die kerkraad, die gemeente kan lei.

’n Emeritusleraar wat aptyt het om hom/haarself vir nog ’n paar jaar energiek in diens van die Here, op die platteland, beskikbaar te stel, is welkom om aansoek te doen.

 

Vergoeding en voordele:

’n Vergoedingspakket met ’n totale koste van indiensneming van R400 000,00 per jaar, waarvan ’n netjiese ruim pastorie deel uitmaak, is onderhandelbaar met die suksesvolle kandidaat.

Beroepingsprosedure:

’n Gestruktureerde keuringsproses sal gevolg word. Geselekteerde kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud gedurende die week en ’n preekbeurt op ’n Sondag.

Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling uit die ontvangde aansoeke te maak nie.

Aansoeke:

Stuur asseblief ’n volledige CV (nie langer as vier bladsye nie) met drie toepaslike referente elektronies na:

  1. Leierouderling: Jaap Naudé

Tel: 082 789 4510

    E-pos: admin02@bonnieb.co.za

  1. Die Skriba: Ursla Werner

    Tel: 017 846 9302 (Werksure Maandag tot Donderdag 08:00-12:00)

    E-pos: ngkamsterdam@gmail.com

Enige navrae kan ook aan bogenoemde gerig word.

  • Die kerkraad en gemeente van Amsterdam wag in diepe afhanklikheid van die Here vir u aansoek om hierdie pos.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.