Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Kalkrand (Namibië)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van NG gemeente Kalkrand (Namibië) wag in afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die onderstaande pos.

VAKATURE: TERMYNBEPAALDE LERAARSPOS

Sluitingsdatum: 7 Junie 2022.


Gemeenteprofiel: Kalkrand is ’n boerderygemeenskap, 200 km suid van Windhoek, met 54 belydende lidmate en 16 dooplidmate. Uhlenhorst, 80 km oos van Kalkrand, vorm deel van die gemeente.

 

Leraarsprofiel: Gelegitimeerde leraar van die NG Kerk met ’n liefde vir die Here en sy kerk en wat begrip het vir ’n plattelandse gemeenskap se unieke behoeftes. Ouderdom is nie belangrik nie, maar natuurlike fiksheid wel, aangesien dikwels lang afstande op gruispaaie gery moet word. Emeriti is ook welkom om aansoek te doen.

 

Pligte:

  • Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
  • Skrifgetroue Woordverkondiging, in lyn met die drie gereformeerde belydenisskrifte, veral ten opsigte van sake soos die Bybel as die onfeilbare Woord van God aan mense, die bestaan van die duiwel, verbondsdoop, die huwelik as Goddelike instelling tussen een man en een vrou alleen, die maagdelike geboorte, liggaamlike opstanding, hemelvaart en wederkoms van Christus.

 

Vergoeding en voordele:

  • R300 000 per jaar plus 13e tjek.
  • Volledig toegeruste en gemeubileerde pastorie met munisipale dienste, selfoontoelae.
  • Gemeentevoertuig volledig onderhou vir amptelike gebruik.

 

Aansoek: Stuur CV nie langer nie as twee bladsye en met drie referente (telefoonnommers en e-posadresse) na ngskriba@gmail.com, sowel as na duringcornelius@gmail.com

 

Sluitingsdatum: 7 Junie 2022.

 

Dienstermyn: Twee jaar, hernubaar.

 

Diensaanvaarding: So gou moontlik in 2023 (om voorsiening te maak vir werkspermitaansoek, indien aansoeker nie Namibiese burgerskap het nie).

 

Navrae:

  • Düring Cornelius (huidige leraar) na 16 Mei by WhatsApp +27 82 804 0505.
  • Chris Smith (ouderling) +264 81 213 0132.
  • Roelf de Wet (vorige leraar) +27 82 927 9459.
  • Willem le Roux (ouderling) +264 81 1270972.

 

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.