Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Ladismith (Wes-Kaap)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar

Termyn: Onbepaald.

Sluitingsdatum: 13 Mei 2022.


Gemeenteprofiel:

Ladismith is ’n plattelandse dorp geleë in die Klein-Karoo, in die Wes-Kaap. Die gemeente bedien tans 444 belydende lidmate en 99 dooplidmate. Die ouderdomsverspreiding is soos volg: 0-6 (31), 7-13 (39), 14-18 (27), 19-25 (15), 26-45 (109), 46-59 (92), 60+ (257). Binne die gemeentegrense is ook ’n ouetehuis asook ’n aftree-oord. Dit is hoofsaaklik ’n landbougemeenskap.

Die gemeente se visie is: “Geanker in die Stroom, skyn ons lig”.

Leraarsprofiel:

  • Die geskikte kandidaat moet ’n gelegitimeerde predikant binne die NG Kerk wees.
  • Alle ampstake soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde moet verrig word.
  • Die geskikte kandidaat moet effektief binne die leefwêreld en konteks van ’n plattelandse gemeente kan funksioneer en bedien.

 

Die volgende sal in die aansoeker se guns tel:

  • Toepaslike ondervinding van vorige gemeente(s).
  • ’n Geesvervulde, energieke, jong leraar wat oud en jonk passievol kan bedien.
  • Fokus op, en ondervinding van, geestelike toerusting, en kleingroepbediening.
  • Iemand wat nuut kan dink oor kerkwees binne die konteks van Ladismith-gemeente.
  • Missionale gerigtheid op die gemeenskap.
  • Kreatiewe, vernuwende en aktuele prediking.
  • Die vermoë om verandering te bestuur.

 

Vergoeding:

Die sinodale skaal word as riglyn gebruik. ’n Ruim pastorie word voorsien.

Diensaanvaarding:

So spoedig moontlik (onderhandelbaar).

Aansoekproses:

  • Aansoeke moet vergesel word van ’n CV nie langer as drie bladsye nie asook die kontakbesonderhede van drie referente.
  • Van alle aansoekers sal verwag word om ’n toepaslike vraelys te voltooi wat u by die kerkkantoor kan aanvra en saam met u aansoek stuur na die skriba, mev Lizbé Rossouw, Sel: 079 963 5980, e-pos ngkerk@cyber-tel.co.za
  • Aansoeke kan elektronies ingestuur word na ngkerk@cyber-tel.co.za  en moet die kerkkantoor teen 13 Mei 2022 bereik.

Navrae:

Voorsitter van die Kommissie vir Diensverhoudinge: Mnr Marius Brewis, Sel: 082 415 8801.

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.