Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE DEALESVILLE

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraar

Sluitingsdatum: 27 Mei 2022.


Gemeenteprofiel: Dealesville is ’n plattelandse gemeente in die Vrystaat met sowat 180 belydende lidmate en 60 dooplidmate. Dealesville is 70 km vanaf Bloemfontein. Dealesville is ’n boerderygemeenskap wat bestaan uit saai- en veeboere asook ’n gesellige dorpsgemeenskap. Die gemeente bestaan uit 13 wyke waarvan ses plaaswyke is en die ander sewe die dorp en die ouetehuis is. Dealesville is ’n aktiewe gemeente en die wyksbyeenkomste is een van die hoogtepunte van die gemeente.

 

Leraarsprofiel: Ons wil graag hê dat die leraar wat beroep word na Dealesville die volgende eienskappe sal openbaar:

’n Lewende, persoonlike verhouding met God Drie-enig.

Mooi verhoudinge kan bou, alle mense met respek en liefde hanteer en die evangelie as boodskap met dade uitdra.

’n Hart vir die aktiewe bediening op die platteland met groot klem op huisbesoek met die doel om ’n verskil te maak in ons wyer gemeenskap.

’n Teologie wat klem plaas op die suiwerheid van die leer soos verwoord in die Skrif en in die kerk se belydenisskrifte.

 

Pligte:

Soos omskryf in die kerkorde artikel 9 met byvoeging van sistematiese huisbesoek.

Geestelike leiding van die gemeente om die Here met oorgawe te aanbid.

Dinamiese en aktuele prediking met ’n klem op lof en aanbidding.

Betrokkenheid by jeug- en gesinsbediening en wyksbediening.

Pastorale ondersteuning aan die gemeente en gemeenskap.

Betrokkenheid by die gemeenskap en plaaslike ouetehuis, primêre skole, kleuterskool en die breë boeregemeenskap.

 

Vergoeding: Traktement volgens sinodale aanbeveling. ’n Ruim pastorie is beskikbaar met gratis water en elektrisiteit asook ’n telefoontoelaag en onbeperkte WiFi en internet vir amptelike gebruik.

 

Sluitingsdatum: 27 Mei 2022.

 

Moontlike kandidate: Enige gelegitimeerde persoon binne die NG Kerk.

 

Aansoeke: Aansoekers word versoek om die kerkraad slegs van ’n elektroniese CV te voorsien met drie onlangse verwysings en dit te versend na: ngkerk@shisas.co.za

Navrae: Vir enige navrae kan Willie Haarhoff (082 464 2589) of Annamarie van Biljon (082 826 6334) gekontak word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.