Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: VOLTYDSE BEDIENAAR VAN DIE WOORD
SLUITINGSDATUM: 17 JUNIE 2022 OM 12:00.
GEMEENTEPROFIEL:
Albertinia is ’n plattelandse gemeente in die Suid-Kaap met 808 belydende en 141 dooplidmate. Geografies bestaan die gemeente uit plaaswyke, Albertinia-dorp asook die kusdorp Gouritsmond. Gelyklopende eredienste word in Albertinia en Gouritsmond gehou. Die roeping van die gemeente is “Brandende Liefde.” ’n Volledige gemeenteprofiel* is by die skriba beskikbaar.
LERAARSPROFIEL:
Die verwagting van die kerkraad is dat die gekose kandidaat se lewe sal getuig van:
- ’n intieme verhouding met die Here;
- die roeping om sy of haar liefde vir Christus oral en altyd uit te dra;
- ’n getroue omgang en navolg van die Woord van God;
- ’n passie vir die koninkryk en ’n liefde vir die Nederduitse Gereformeerde Kerk;
- liefde vir ’n plattelandse gemeenskap en begrip vir hulle unieke behoeftes en omstandighede;
- liefde en omgee vir mense op alle sosiale vlakke, lidmate sowel as die groter gemeenskap.
In aansluiting by die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, oordeel die kerkraad dat die gemeente graag ’n leraar wil beroep wat die gawes en toepaslike ervaring het om die gemeente vir die volgende aantal jare in spanverband te begelei op die pad van ’n eietydse bediening waarvan die fokus sal wees op:
- bediening aan lidmate jonger as 55 jaar;
- die missionale gerigtheid van die gemeente na die gemeenskap;
- kreatiewe en vernuwende gemeentesamekomste soos eredienste en uitbreiding van kleingroepe waar die Woord en koinonia ’n hoë prioriteit geniet;
- sterk geestelike leiding ten opsigte van die kerkraad en toerusting van alle leiers;
- voortgaande gemeentevernuwing en beplanning in gehoorsaamheid aan die wil van die Here vir Albertinia-gemeente vir die uitdagings van die volgende aantal jare.
AANSOEKE:
Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke van gelegitimeerde bedienaars van die Woord, wat hulle geroepe voel om vir die pos aansoek te doen, in.
Jou aansoek moet bestaan uit:
- ’n Dekbrief waarin jy noem waarom jy juis vir hierdie pos aansoek doen.
- ’n Saaklike CV met vermelding van drie resente en onafhanklike referente.
- ’n Voltooide vraelys*.
Stawende dokumente kan op ’n later stadium deur die kerkraad aangevra word, indien nodig.
Stuur aan: Die Voorsitter: Pre-Advies. E-pos by ngkerk@albertinia.org.za. Merk die onderwerplyn: Vakature VDM 2022.
NAVRAE:
Ouderling Boy Janse van Rensburg: 083 604 2108
Ouderling Henk van Zyl: 083 407 1116
Ds Frik Smith: 082 383 1995 of 028 735 1004
* Aanvra van gemeenteprofiel en vraelys: ngkerk@albertinia.org.za
