Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: Voltydse leraarspos
SLUITINGSDATUM: 15 Augustus 2022.
Gemeenteprofiel:
- NG Gemeente Hartebeestfontein is ’n plattelandse gemeente in Hartbeestfontein, Noordwes, ±27 km vanaf Klerksdorp.
- Ons het tans 368 belydende lidmate en 76 dooplidmate.
- Ouderdomsprofiel van belydende lidmate: 9% < 30 jr; 58% (31-65 jr) en 33% (66jr +).
Leraarsprofiel:
In aansluiting by ampspligte, soos omskryf in Artikel 9 van die kerkorde, moet
- die leraar ’n gelegitimeerde leraar van die NG Kerk wees.
- die leraarspaar bereid wees om hulle te vestig op Hartbeestfontein.
Vergoeding:
- Vergoeding en byvoordele is onderhandelbaar.
- Inwoning in die pastorie (ten volle onderhou).
Aansoeke:
- Volledige CV met drie toepaslike referente, elektronies aan die skriba.
- Geselekteerde kandidate moet beskikbaar wees vir ’n preekbeurt en ook ’n persoonlike onderhoud, op die betrokke Sondag.
SLUITINGSDATUM: 15 Augustus 2022.
Diensaanvaarding: 1 Februarie 2023.
Navrae:
- Hannerie Müller – 072 871 9440 (18:30 tot 21:00).
- Daleen Stephens (skriba) – 072 545 7034 (08:00 tot 13:00), nghartbees@vodamail.co.za
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoekers of genomineerdes te maak nie.
Geborg
