Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG KRAAIFONTEIN-DIE PARKE

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: VOLTYDSE PREDIKANT

Aansoeke sluit op Woensdag 20 Julie om 18:00.


Parke-gemeente nooi hiermee belangstellendes wat geroepe voel om deel te word van ’n gemeente wat probeer om ’n uitdagende missionale roeping met toewyding uit te leef, om aansoek te doen vir ’n voltydse predikantspos.

 

Die volgende persone kan gekontak word in geval van enige navrae:

Dr Nina Müller van Velden by nina@parke.co.za of 081 270 2672.

Ds Jacques van Rensburg by j@parke.co.za of 082 085 4678.

 

Aansoeke sluit op Woensdag 20 Julie om 18:00.

Datum vir diensaanvaarding sal onderhandel word.

 

NG Kerk Parke-gemeente

Wie is ons?

Parke-gemeente volg die roeping van die Here om volledig kerk te wees in die voorstedelike konteks van Kaapstad. Ons word deur die Here geseën met middele en mense om sy koninkryk hier te laat kom. Ons volg vir Jesus Christus en laat Hom toe om ons te vorm en toe te rus tot diens aan Hom, mekaar en almal wat ons pad kruis. Ons diversiteit vind neerslag in ’n verskeidenheid bedieninge aan belangegroepe soos die jeug, jongmense, gesinne, bejaardes, asook gemarginaliseerdes en ons verwelkom alle mense, ongeag ras, geslag, seksuele oriëntasie, klas of stand. Ons gemeente se lidmaattal wissel rondom 2 500.

 

Ons kontemporêre eredienste is gerig op ’n lewende ontmoeting met God waar lofprysing, aanbidding en Woordbediening die inspirasie verskaf vir ons dienswerk aan die Here en in die gemeenskap. Ons gemeente se visie, “Ons maak ’n verskil,” herinner ons daaraan dat ons, daar waar ons ons bevind, ons geloof prakties uitleef – met die roeping en gawes wat ons elkeen van die Here ontvang.

 

Waar is ons geleë?

Ons is geleë in Kraaifontein, aan die oostelike buitewyke van die noordelike voorstede van Kaapstad en vorm deel van die Ring van Durbanville. Ons konteks stel groot uitdagings aan kerkwees en roep ons tot dienswilligheid en offervaardigheid in die omgewing waartoe die Here ons geroep het.

 

Ons behoefte …

’n Gelegitimeerde predikant wat, bo en behalwe die normale bedieningsvaardighede, ook oor so veel as moontlik van die volgende vaardighede beskik:

  • visioenering en visiedraer van gemeente;
  • nederige leierskap wat ook leiers ontwikkel en bemagtig;
  • bestuursvaardighede in gemeenteverband;
  • finansiële kundigheid en belangstelling;
  • ervaring van gemeenskapswerk;
  • aanvoeling en belangstelling vir betrokkenheid in die kerkverband.

 

Vergoeding

Die totale koste van indiensneming (TKVI) geskied volgens sinodale riglyne. Dit sluit ’n gratis pastorie in.

 

Aansoeke

  • ’n Curriculum Vitae (CV) van nie langer as drie bladsye, toegespits op hierdie advertensie, asook drie resente onafhanklike referente (met kontakbesonderhede) wat gekontak mag word en hulle kontakbesonderhede.
  • ’n Aansoekbrief, nie langer as twee bladsye nie, waarin meer oor die aansoeker vermeld word ten opsigte van spesifieke gawes, passie, belangstellings, visie en roeping.
  • Dit is opsioneel vir aansoekers om skakels te verskaf van erediensopnames en/of aanlyn eredienste.
  • Aansoeke moet gerig word aan die voorsitter van die pre-advies en per e-pos gestuur word aan die skriba van die gemeente: Mev Annamarie Louw by kantoor@parke.co.za – 021 988 5340.

 

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.