Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraar
Termyn: Onbepaald.
Sluitingsdatum: 15 Junie 2022, 12:00.
Gemeenteprofiel:
Porterville is ’n plattelandse dorp geleë in die Swartland, in die Wes-Kaap. Die gemeente bedien tans 1 000 belydende lidmate en 250 dooplidmate. Die ouderdomsverspreiding is soos volg: 0-6 (50), 7-13 (69), 14-18 (62), 19-25 (106), 26-45 (231), 46-59 (272), 60+ (402). Binne die gemeentegrense is ook ’n ouetehuis en ’n gevangenis. Dit is hoofsaaklik ’n sterk landbougemeenskap met ’n sterk kunskultuur en uitnemende hoër- en laerskool.
Die gemeente se visie is: “Groei na Christus”.
Leraarsprofiel:
- Die geskikte kandidaat moet ’n gelegitimeerde predikant binne die NG Kerk wees.
- Alle ampstake soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde moet verrig word.
- Die geskikte kandidaat moet effektief binne die leefwêreld en konteks van ’n plattelandse gemeente kan funksioneer en bedien.
Die volgende is vir die gemeente van Porterville belangrik:
- Toepaslike ondervinding van vorige gemeente(s).
- ’n Geesvervulde, energieke, leraar wat oud en jonk passievol met die Woord kan bedien.
- Ondervinding van geestelike toerusting, kleingroepbediening en jong-volwassebediening.
- Missionale gerigtheid op die gemeenskap.
- Die vermoë om verandering te bestuur.
Vergoeding: Die sinodale skaal word as riglyn gebruik.
Diensaanvaarding: 1 Oktober 2022 (Onderhandelbaar).
Aansoekproses:
- Aansoeke moet vergesel word van ’n CV nie langer as drie bladsye nie asook die kontakbesonderhede van drie referente.
- Van alle aansoekers sal verwag word om ’n toepaslike vraelys te voltooi wat u by die kerkkantoor moet aanvra en saam met u aansoek stuur na die skriba,
Anchen Barnard, e-pos skriba@ngport.co.za teen 15 Junie 2022, 12:00.
Navrae:
Voorsitter van die kerkraad: Mnr Leopold Human, sel: 083 286 3391.
Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
