Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE KIMBERLEY-HARMONIE

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: VOLTYDSE LERAAR (VAKATURE B)

 

Kimberley-Harmonie het ’n vakature vir ’n dinamiese voltydse leraar (Vakature B) met die fokus op die jeug en jong lidmate.

 

SLUITINGSDATUM: 15 Julie 2022.

 

DATUM VAN DIENSAANVAARDING: 1 JANUARIE 2023.

 

PROFIEL VAN DIE GEMEENTE

Kimberley-Harmonie is ’n stedelike gemeente in die Noord-Kaap. Die gemeente het 1 524 lidmate waarvan 733 in die ouderdomsgroep 0-40 jaar val en 791 in die ouderdomsgroep bo 40 jaar.

 

Die gemeente se visie is: “Met God op pad” met die opdrag: “Om God en ons naaste elke dag liewer te hê”.

 

Kimberley-Harmonie het ’n bepaalde spiritualiteit waarin die Woord en belydenis ’n belangrike rol speel in die wyse waarop die gemeente aanbid en die bediening in die gemeente plaasvind. Elke lidmaat is deel van die bediening en dit is die kerkraad se taak om lidmate by te staan en om hulle vir hulle dienswerk toe te rus.

 

Kimberley-Harmonie is ook die oprigter van ’n kleuterskool, Patroontjies, ’n onafhanklike maatskappy sonder winsoogmerk wat aan die kerkraad verslag doen.

 

PROFIEL VAN DIE LERAAR

Die suksesvolle kandidaat moet:

  • Onder die ouderdom van 45 jaar wees.
  • By die NGK of VGK gelegitimeer wees.
  • ’n Passie vir die jeug hê om die jeugbediening tot nuwe hoogtes te neem.
  • ’n Passie hê vir Skrifgebonde verkondiging van die Woord en prediking.
  • In staat wees om goeie verhoudings met lidmate te bou en te handhaaf.
  • Die nodige vermoë hê om, met behulp van sosiale media en tegnologie, met die jeug te kommunikeer en die Woord te verkondig.

 

PROFIEL VAN DIE POS

Die gemeente is op soek na ’n leraar wat:

  • Verantwoordelikheid kan aanvaar vir alle fasette van gemeentewerk soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde.
  • Verantwoordelikheid kan aanvaar vir alle aspekte van die bediening van die Woord aan die jeug en jongmense.
  • Jonk van gees is en energiek en gemotiveerd onafhanklik kan werk.
  • Oor goeie vaardighede beskik om die gemeente missionaal te kan begelei.
  • Oor sterk leierseienskappe beskik om leiding te neem in die ontwikkeling en uitbreiding van ’n dinamiese jeugbediening.
  • Verantwoordelikheid kan neem vir informele aanddienste.
  • Die gemeente met toewyding en voorbeeld kan lei en ’n rolmodel vir die jeug en jonger lidmate kan wees.
  • Gemaklik by die gemeenskap kan inskakel en betrokke raak by gemeenskapsaktiwiteite.
  • Die vermoë het om pastorale ondersteuning aan gemeentelede, veral die jeug, te bied.
  • Nuwe, jong lidmate laat welkom voel en hulle motiveer om by die kerklike aktiwiteite en kleingroepe in te skakel.

 

VERGOEDING

Die totale koste van indiensneming (TKVI), insluitend behuisings- en selfoontoelaag, is onderhandelbaar met die kerkraad volgens sinodale riglyne.

 

AANSOEKE

  1. Belangstellendes moet hulle aansoek op die voorgeskrewe aansoekvorm indien. ’n Afsonderlike CV word nie verlang nie, maar belangstellendes kan addisionele inligting op die toepaslike plek op die vorm meld.
  2. Aansoekvorm kan van Johan du Toit by johan.dutoit200@gmail.com aangevra word.
  3. Belangstellendes moet ’n kort Pecha Kucha-aanbieding (20×20) indien waarin hy/sy die volgende aspekte hanteer:
  • Voorstelling van jou en gesin (waar van toepassing);
  • Vertel meer van jou persoonlikheid. Hoe hanteer jy konflik? Hoe motiveer jy vrywillige werkers (lidmate) en maak hulle deel van ’n span?
  • Wat is jou visie vir ’n jeugbediening?
  • Wat is jou visie/droom vir jou bediening?
  • Wat beskou jy as jou nalatenskap in jou huidige bediening?
  1. Navrae kan gerig word aan Johan du Toit, ondervoorsitter van die kerkraad, by 076 658 5763. Besoek ook die gemeente se Facebook-bladsy deur op die skakel te klik.
  2. Dien die aansoekvorm, ander stawende dokumente en Pecha Kucha-aanbieding in by johan.dutoit200@gmail.com.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.