Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: JEUGWERKER
Sluitingsdatum: 12 Julie 2022.
Dienstermyn: Een jaar met opsie om te verleng.
Gemeenteprofiel: Stedelike gemeente met 560 belydende lidmate en 100 dooplidmate. Ons tema vir 2022 – “U Woord ons Kompas”! Kollegepark wil ’n verskil maak in die wêreld daarbuite deur sy lidmate.
Jeugwerker: Proponente asook jeugwerkers kan aansoek doen.
Pligte:
- Preekbeurte en al die fasette van die jeugwerk. Kategese, belydenisklas en jeugaksies.
- Huisbesoek doen by gesinne.
- Aanbied van kleuterkerk en gesinsdienste.
- Saam met Jeugkommissie as span werk en leiding neem.
Vergoeding en voordele:
- Onderhandelbaar en daar word gekyk na ±R15 500 p/m.
Aansoek: Kort CV met twee verwysings van vorige ondervinding.
Diensaanvaarding: 1 Augustus 2022.
Navrae:
- Dr Deon Senekal E-pos: dasen@mweb.co.za sel: 083 283 0312.
- Dr Pieter Möller E-pos: pieterl.moller@gmail.com sel: 082 690 9014.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
Geborg
