Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG KIMBERLEY-VOORUITSIG

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar

Sluitingsdatum: Donderdag 30 Junie 2022.


Die NG Kerk Kimberley-Vooruitsig is besig om voor te berei om iemand te roep vir hierdie pos.

 

Gemeenteprofiel

  • Kimberley-Vooruitsig is ’n gemeente in Kimberley in die Noord-Kaapprovinsie en is deel van die sinode in Noord-Kaapland.
  • Die gemeente bestaan uit 715 belydende lidmate en 140 dooplidmate. (Daar is twee tehuise vir bejaardes binne die gemeentegrense, asook twee groot hoërskole met koshuise en ’n laerskool.)
  • Kimberley-Vooruitsig is ’n gereformeerde kerk wat gesteld is op Skrifgetroue prediking.
  • Die gemeente is tot en met die vertrek van sy voltydse leraar deur hom bedien. Die kerkraad gebruik ook die dienste van ’n emeritusleraar, wie se termyn op 28 Februarie 2023 verstryk. Die kerkraad sal teen die einde van die finansiële jaar pastorale hulp vir die toekoms oorweeg.
  • Die gemeente se visie is: “Ons is die Here s’n”.

 

Leraarsprofiel

Die gemeente bid vir:

  • ’n Skrifgetroue prediker wat in die gereformeerde tradisie staan en die liturgie kreatief aanwend om van elke erediens ’n lewende Godsontmoeting te maak.
  • ’n Lerende ouderling wat ’n aktiewe rol sal speel in die bemagtiging van die gemeente (Artikel 9: “die opbou van die gemeente, onderrig en toerusting van gelowiges vir hulle dienswerk, die gemeente se dienswerk in die wêreld, leiding en organisering van die gemeente”) ten opsigte van die bediening van alle ouderdomsgroepe in lyn met die gemeente se waardes.

 

Vergoeding

  • Die totale koste van indiensneming (TKVI), insluitend behuising, is onderhandelbaar met die kerkraad volgens die riglyne van die Algemene Taakspan Predikantesake (ATP) in oorleg met Algemene Taakspan Fondse en Bates (ATFB) tot ’n maksimum van kerf 8.
  • ’n Behuisingstoelaag word voorsien aangesien die gemeente nie oor ’n pastorie beskik nie.

 

Aansoeke

Indien u die Here se roepstem in hierdie pos hoor, stuur vir ons:

  • ’n Dekbrief waarin u uself kortliks bekendstel en u uitspreek oor bostaande leraarsprofiel.
  • ’n Volledige Curriculum Vitae (elektronies), insluitend drie referente met volledige kontakbesonderhede.

Deur die indiening van hulle CV’s, gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hulle CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPIA-wetgewing (Protection of Personal Information Act) deur die NG Kerk Kimberley-Vooruitsig vir kerklike doeleindes asook vir die beroepingsproses gebruik kan word.

  • Geselekteerde kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud. Aansoekers sal ingelig word of hulle genooi gaan word vir ’n onderhoud.
  • Aansoeke moet na die volgende adres gestuur word: zachblom@telkomsa.net

 

Sluitingsdatum: Donderdag 30 Junie 2022.

 

Diensaanvaarding

Indien moontlik 1 Oktober 2022, maar die datum sal met die suksesvolle kandidaat bevestig word.

 

Navrae

  • Voorsitter: Zach Blomerus, 082 824 3225, zachblom@telkomsa.net
  • Skriba: Lynette Strydom, 083 297 9866, skriba.ngvooruitsig@telkomsa.net

 

Die gemeente hou hom die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.