Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die kerkraad van NG Gemeente Suidkus wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.
VAKATURE: VOLTYDSE LERAAR
Sluitingsdatum: 19 Junie 2022.
Dienstermyn: Onbepaalde termynpos.
Here, ons bid dat U vir ons ’n leraar sal stuur wat ons sal help om u koninkryk uit te bou in ons gemeenskap sodat u Naam verheerlik kan word. Ons vra u leiding in volle afhanklikheid van U.
Gemeenteprofiel:
Die missie van die gemeente is om “’n Hawe vir Hulp en Hoop” in ons gemeenskap te wees. Die gemeente bestaan uit ±1 200 belydende en ±270 dooplidmate asook ’n tehuis vir bejaardes wat binne die gemeentegrense val. Die gemeente funksioneer op die liggaamsmodel met die klem op die bediening volgens die gawes van elke lidmaat.
Die gemeente word tans deur een leraar bedien alhoewel daar twee leraarposte bestaan.
Leraarsprofiel:
Enige gelegitimeerde predikant van die NG Kerk met ’n liefde vir alle mense, wat geheg is aan die gereformeerde leer en met entoesiastiese prediking gebaseer op die Bybel, die boodskap kan bring, met ’n familiebenadering aan alle ouderdomsgroepe.
Iemand wat verhoudings kan bou en leer en lewe by mekaar uitbring sodat geestelike groei kan gedy te midde van ons daaglikse lewe en werksaamhede.
’n Pastor wat verstaan dat mense kan kom aanklop vir hulp en leiding maar ook selfstandig kan uitgaan en uitreik in die samelewing.
’n Leraar wat met opgewondenheid ons kerk se Artikel 9 saam met die kerkraad sal uitleef.
Vergoeding en voordele:
Vergoedingspakket: Ooreenkomstig met sinodale riglyne (TKVI) waarby behuising ingesluit is. Die pakket sal gestruktureer word volgens die behoefte van die leraar.
Aansoek:
Stuur asseblief u aansoek en CV (maksimum drie bladsye) met melding van huidige posvlak en TKVI asook twee referente aan: Die Skriba, NG Kerk Suidkus, Posbus 583, Amanzimtoti 4125.
E-pos: info@ngsuidkus.co.za
Ons wil jou graag beter leer ken – laai die dokument hieronder af en vertel ons meer van jouself (maksimum drie bladsye). Heg dit asseblief aan saam met jou CV.
VERTEL ONS MEER VAN JOUSELF DOKUMENT:
http://www.ngsuidkus.co.za/wp-content/uploads/2022/05/NG-Suidkus_aansoek-vrae.docx
Diensaanvaarding: Teikendatum – 1 Oktober 2022.
’n Kortlys sal saamgestel word en daar sal van die kandidate op die kortlys verwag word om ’n onderhoud met die kerkraad te voer, en moontlik ’n preekbeurt waar te neem.
Die kerkraad behou die reg voor om sonder opgaaf van redes nie ’n aanstelling/beroep uit enige van die aansoekers te doen nie.
Navrae:
SW Erasmus, kerkraadsvoorsitter 082 809 2805 of kerkkantoor: Biancé Swanepoel by 031 903 6567 / 031 903 8248.
