Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG KERK VANSTADENSRUS (DOLEREND)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van NG Vanstadensrus wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.

VAKATURE: DEELTYDSE LERAARSPOS

Sluitingsdatum: 31 Augustus 2022.


Gemeenteprofiel: Vanstadensrus is ’n klein plattelandse dorpie in die Suid-Oos-Vrystaat, tussen Wepener en Zastron. Dit is ’n boerderygemeenskap. Die gemeente bestaan uit 74 belydende lidmate, waarvan byna die helfte jonggetroudes is, en 27 dooplidmate.

 

Leraarsprofiel: Verkieslik ’n emeritusleraar, wat reeds op pensioen is, en nog gesond en energiek genoeg is om met entoesiasme leiding in die gemeente te neem.

 

Pligte:

  • Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
  • Klem op die volgende: Skrifgetroue Woordverkondiging, in lyn met die drie gereformeerde belydenisskrifte, goed voorbereide preke, wyksbidure, huis- en siekebesoek, betrokkenheid en meelewendheid in die gemeente.

 

Vergoeding en voordele:

  • Onderhandelbaar, met inagneming dat dit ’n 5/8 pos is.
  • Pastorie met munisipale dienste, elektrisiteit en ’n selfoontoelaag.
  • Voertuig word voorsien vir gemeentewerk. Brandstoftoelaag.

 

Aansoek: Rig asb die aansoek en ’n CV van nie langer nie as twee bladsye, tesame met drie referente, hulle selfoonnommers en e-posadresse, aan: Die Skriba, ngkmook@ntelecom.co.za Aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n preekbeurt en onderhoud.

Die kerkraad is nie verplig om ’n aanstelling uit die ontvangde aansoeke te maak nie.

 

Sluitingsdatum: 31 Augustus 2022.

 

Dienstermyn: Twee jaar.

 

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2023.

 

Navrae:

  • Die skriba, Louise Fouche, sel: 082 825 2867. E-pos: ngkmook@ntelecom.co.za
  • Huidige leraar, Ds Franz Gottschalk, sel: 072 311 7170.

• Leierouderling, Fanie Fourie, sel: 083 388 0795.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.