Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Vrede-Wes

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

’n Gemeente in Christus vir oud en jonk in Vrede!

 

VAKATURE: VOLTYDS-ONBEPAALDE TERMYNPOS

 

Sluitingsdatum vir aansoeke: 10 Augustus 2022.

 

In biddende afhanklikheid stel die NG Kerk Vrede-Wes die bogenoemde vakature bekend en wag met vreugde en vertroue op aansoeke van alle gelegitimeerde predikante en proponente van die NG Kerk wat hulleself geskik ag vir die pos.

 

Gemeenteprofiel:

Die NG Kerk Vrede-Wes is een van twee gemeentes wat tans die plattelandse gemeenskap op die Vrystaatse dorp, Vrede, bedien. Daar is 310 belydende en 102 dooplidmate in die gemeente. Die gemeente word hoofsaaklik gevoed deur ’n sterk boerderygemeenskap met vier wydverspreide plaaswyke. Daar is ook dorpswyke. Vrede beskik oor ’n goeie laer- en hoërskool en noodsaaklike fasiliteite en dienste wat winkels, ’n dokter en tandarts insluit. Daar is ook ’n tehuis vir bejaardes binne die gemeente se bedieningsgrense.

 

Leraarsprofiel:

Die geskikte kandidaat moet iemand wees met ’n innige liefde vir die Here en ’n brandende passie vir sy kerk. In die eerste plek is goeie gereformeerde en Skrifgetroue prediking ’n vereiste. Hy/sy moet ook iemand wees wat die liefdesgebod uitleef in sy/haar bediening om sodoende die gemeente met die nodige deernis, liefde en sorg te bedien. Die kandidaat moet ook meelewend wees en ’n uitgaande persoonlikheid hê. Kortom: die leraar moet vanuit sy/haar roepingsoortuiging, ’n goeie en betroubare herder en leraar vir die gemeente wees. Daar sal dus van die leraar verwag word om alle bedieningspligte, soos uiteengesit in Artikel 9 van die Kerkorde, na te kom. Die leraar moet oor administratiewe gawes beskik. Die lei van eredienste met die gebruik van PowerPoint en rekenaartegnologie. Die musikale vaardigheid en vermoë sal as ’n pluspunt dien.

 

Vergoeding en voordele:

Vergoeding sal met die geskikte kandidaat onderhandel word en wel in oorleg met die beskikbare sinodale riglyne vir die vergoeding van predikante wat mediese en pensioenvoordele insluit. Die gemeente beskik oor ’n ruim en goed versorgde pastorie.

 

Diensaanvaarding: 5 November 2022 of so spoedig as moontlik.

 

Aansoeke:

Aansoeke kan gestuur word na die kerkkantoor: vredewes@lantic.net

Die aansoek moet bestaan uit ’n volledige CV van nie meer as drie bladsye nie. Die kandidate moet ook die pre-advieskommissie van drie referente se name en telefoonnommers asook e-posadres voorsien. Daar sal ook van alle belangstellendes verwag word om ’n vraelys in te vul wat op aanvraag vanaf die kerkkantoor aangestuur sal word. Kandidate op die kortlys mag vir ’n onderhoud en preekbeurt genooi word.

 

Vir enige verdere navrae skakel gerus:

Die Pre-advieskommissievoorsitter, mnr Richard van Staden, by 082 323 0241, e-pos Richard.vanstaden@omnia.co.za

Skriftelike navrae kan aan die skriba by vredewes@lantic.net gerig word.

 

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.