Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Raslouw

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: ORRELIS VIR OGGENDDIENS

In biddende afhanklikheid van die Here maak die kerkraad van die gemeente Raslouw bekend dat ons van voorneme is om ’n orrelis met die oog op die begeleiding tydens die oggenddienste aan te stel.

 

Raslouw NG Gemeente is ’n voorstedelike gemeente, wat geleë is op die grens van Wierdapark en Raslouw in Centurion. Ons het ongeveer 2 100 lidmate. Ons is ’n baie aktiewe gemeente met ’n hegte span kollegas. Die gemeente het ’n oggenddiens met orrelbegeleiding en kan omskryf word as tradisioneel-vernuwend. ’n Orkes begelei die aanddiens wat meer kontemporêr van aard is.

 

Ons is op soek na:

’n Bekwame orrelis wat die gemeente op ’n kreatiewe wyse met die orrel en klavier kan begelei om ons samesangpotensiaal te ontwikkel.

Die orrelis moet:

  1. Oggenddienste begelei.
  2. Begeleiding by Week van gebed; Pinkster ens.
  3. Spesiale dienste soos bv Kerssangdiens en Paassangdiens ens.
  4. Vergaderings van Erediensbediening bywoon.

 

Vergoeding: Sal met die geskikte kandidaat onderhandel word na gelang van kwalifikasies en ondervinding aan die hand van SAKOV-skale.

 

Navrae: Voorsitter: Erediensbediening Charles Ross Sel: 082 785 5013.

 

Stuur aansoek met kort CV na: Me Susan Maritz E-pos: raslouw2@mweb.co.za

 

Sluitingsdatum: 31 Julie 2022.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.