Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Vastetermyn Leraarspos
Sluitingsdatum: 19 Augustus 2022.
Gemeenteprofiel:
Bultfontein is ’n plattelandse dorp in die Vrystaat wat slegs 100 km vanaf Bloemfontein en 70 km vanaf Welkom is. Met ’n sterk Afrikaanse hoër- en laerskool en ’n baie aktiewe Jeug- en jongmensgroep. Asook ’n goeie aftree-oord. Daar is ook ’n tweede NG gemeente op die dorp. ’n Groot deel van die gemeente is aan boerdery (saai, vee en wild) verbonde. Die gemeente bestaan uit ongeveer 420 belydende en 135 dooplidmate wat verdeel is in 10 plaaswyke en agt dorpswyke. (28% van ons lidmate is persone bo 65 jr en 30% vorm die jeug van 18-40 jariges). NG Bultfontein-Oos is tans ’n dolerende gemeente.
Leraarsprofiel:
’n Leraar van die NG Kerk wat begrip en liefde toon vir ’n plattelandse gemeenskap se unieke behoeftes en omstandighede.
Pligte:
- Soos omskrywe in Artikel 9 en Artikel 58 van die Kerkorde.
- Oortuig wees van die roeping van die Here om as leraar diensbaar te wees in die gemeente.
- Skrifgetroue Woordverkondiging doen, geheg wees aan die gereformeerde leer en belydenisskrifte van die kerk.
- ’n Hart hê vir die aktiewe bediening met die doel om ’n verskil te maak in ons gemeente en gemeenskap. Gemaklik wees met huisbesoek en persoonlike kontak met lidmate in verskillende lewenstadiums.
- ’n Passie hê vir die bediening van die Woord aan ons ouer lidmate, jeug en jongmense in die gemeente.
- Beskik oor leierseienskappe om die gemeente in alle fasette (erediens, kategese, Bybelstudie, gemeentelike bedieninge, ens) te laat groei.
- Betrokke wees by die organisering van funksies en basaars.
Vergoeding en voordele:
’n Vergoedingspakket binne die raamwerk van die sinodale skaal word aangebied. Die volledige vergoedingspakket, wat ’n ruim pastorie loopafstand van die kerkgebou insluit, sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.
’n Volledige CV met persoonlike besonderhede, onlangse foto, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente te stuur aan: oos@mweb.co.za
Sluitingsdatum: 19 Augustus 2022.
Navrae:
- Flip Mienie – 082 591 9735 (leierouderling).
- Izak Cronjé – 082 334 2387 (Finansies).
- Ilana Kriel – 051 853 1002 (skriba-kassier).
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
