Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: VOLTYDSE PREDIKANTSPOS
Sluitingsdatum: 31 Julie 2022.
Gemeenteprofiel:
Parow-gemeente is geleë in die sentrale stadsgebied van Parow. Die gemeente bestaan tans grootliks uit senior burgers. Die gemeente grens aan Voortrekkerweg, Parow.
Hierdie deel van die gemeenskap is sosio-ekonomies en kultureel baie divers en word nog nie bedien nie. Binne die gemeentegrense is twee laerskole, asook Parow-Dienssentrum (Hernus Kriel Behuising). Ons visie is: “Die liefde van God maak ons ’n oop deur”.
Leraarsprofiel en -pligte:
- ’n Persoon tot ouderdom 40 jaar.
- ’n ‘All-rounder’ wat in noue skakeling met die kerkraad oor al die huidige bedieninge en diensterreine kan werk.
- Verkieslik iemand wat ’n aanvoeling het vir die uitbou van die gemeente oor tradisionele grense.
- Rekenaarvaardig en digitaalvaardig in die erediens en op ander media.
- Artikel 9 van die Kerkorde vorm die basis van die leraar se taak.
Vergoeding:
’n Pakket volgens sinodale skaal. Daar is tans nie ’n pastorie beskikbaar nie en ’n behuisingsubsidie sal vir die interim voorsien word.
Aansoeke:
Aansoeke vergesel van ’n CV (maksimum van drie bladsye), twee referente met kontakbesonderhede kan gestuur word aan: Die saakgelastigde, info@ngparow.co.za of Sarel Cilliersstraat 13, Parow 7500.
Sluitingsdatum: 31 Julie 2022.
Navrae:
Voorsitter van die Pre-Advieskommissie:
Mev Johanna Matthee sel: 083 441 8834, e-pos: johannamatthee0@gmail.com
Deur die indiening van u CV, gee u toestemming dat die inligting daarin vervat, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing (Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet no 4 van 2013) deur Parow Gemeente vir die beroepingsproses gebruik kan word.
Die gemeente behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoekers te maak nie.
