Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
TYDELIKE LERAAR
Aansoeke sluit op 31 Augustus 2022.
Gemeente: Die NG Kerk Barkly-Wes is ’n gemeente wat op die platteland is, maar met Kimberley 32 km weg, blootgestel is aan stedelike bedrywighede. Lidmate werk in Kimberley en baie van hulle kinders gaan daar of elders skool. Die lidmaattal is tans ongeveer 213 met 59 dooplidmate en 60 plus besoekpunte. Die Jannie Rouxkinderhuis is ook in die gemeente. Die gemeente het behoefte aan ’n tydelik-deeltydse leraar wat vir sy/haar bestaan nie net van die bediening op Barkly-Wes afhanklik is nie.
Leraar: Die kerkraad soek iemand met leraarsbevoegdheid in die NG Kerk vir veral twee sake in Kerkorde Artikel 9: Woord- en sakramentsbediening en huisbesoek. Oor hulp met ander gemeente-aktiwiteite word ooreengekom. Die leraar werk in oorleg met die kerkraad. Woordbediening moet Woordgebonde én eietyds wees en huisbesoek is ’n nuttige deel van leraarswerk. Bedieningservaring kan in die aansoeker se guns tel.
Vergoeding: Die kerkraad bied huisvesting, ’n onderhandelbare salaris van plus/minus R15 000 per maand en vervoer vir sy/haar leraarspligte. Oor die totale pakket word ooreengekom.
Navrae by mev Annelie Kennedy by kantoor@ngkerkbarklywes.co.za of 084 528 2631 of die konsulent prof Piet Strauss by 082 557 3414 of straussp@ufs.ac.za.
Aansoeke sluit op 31 Augustus 2022 by die kantoor. Die aansoek moet vergesel wees van ’n CV met ’n aanduiding van bedieningservaring of, so nie, ’n omskrywing van moontlike eienskappe vir die bediening, ’n motivering vir waarom die aansoek gedoen word en die name en kontakbesonderhede van drie referente.
