Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Mellville Kruisgemeente

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: VOLTYDSE LERAAR

Dienstermyn: Onbepaalde termynpos

Sluitingsdatum vir aansoek: 31 Augustus 2022.


Gemeenteprofiel:
Melville Kruisgemeente is ’n voorstedelike gemeente in Johannesburg. Ons leef in ’n kosmopolitiese gemeenskap wat gekenmerk word deur ’n verskeidenheid van tale, kulture, geloofsgroeperinge en gemeenskappe. Ons area kan gesien word as ’n studentekorridor wat tot in die middestad van Johannesburg strek.

Ons gemeente het ’n familiekarakter, bestaan uit verskillende ouderdomsgroepe en heg ’n hoë waarde aan interaktiewe verhoudings. Ons plaas ’n hoë premie op inklusiwiteit en leef missionêr. Ons roepingsverklaring lui: Ons is deur God Drie-enig geroep om vanuit ons eie gebrokenheid, saam met die stad, heel te word in Christus, en deur die werking van die Heilige Gees liefde en gasvryheid uit te leef!

’n Volledige gemeenteprofiel is op aanvraag beskikbaar by die gemeentekantoor.

Leraarsprofiel:
Ons word bedien deur ’n gemeenteleraar, ’n dienswerker vir die jeug en ’n persoon wat verantwoordelik is vir die studentebediening (wat ook ’n missionêre fokus het).

Ons benodig ’n gemeenteleraar wat oor die volgende vaardighede beskik:

  • ’n Gelegitimeerde predikant van die NG Kerk.
  • ’n Leraar wat in ’n familiekerkopset oor die volgende bedieningsvaardighede beskik: Verhoudingsbou, Pastorale versorging, Woordbediening en Spiritualiteitsbegeleiding.
  • ’n Leraar wat die spirituele leier van ons gemeente is – ’n leraar wat in ’n gesonde persoonlike geloofsverhouding met God leef en daarin groei en wat die gemeente begelei tot roepingsvervulling.
  • ’n Leraar met ’n organiese leierskapstyl: ’n kombinasie van visionêre, dienskneg-, verhoudings- en transformasieleierskapstyle.
  • ’n Leraar wat entoesiasties in spanverband funksioneer.
  • ’n Leraar wat verantwoordelikheid kan neem vir spirituele en organiese gemeentebestuur, wat prosesse verstaan en kan bestuur en wat kreatief daarmee kan wees.

’n Volledige leraarsprofiel is op aanvraag beskikbaar by die gemeentekantoor.

Vergoeding en voordele: Onderhandelbaar met inagneming van sinodale skale.

Aansoeke:

  • Aansoeke moet vergesel word van ’n CV, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente.
  • Aansoeker moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud (in persoon of via Zoom), asook ’n preekgeleentheid.

Sluitingsdatum vir aansoek: 31 Augustus 2022.

  • Stuur aansoek aan: Die Gemeentebestuurder Melville Kruisgemeente
    kantoor.melvillekruisgemeente@gmail.com
    Tel: 072 404 3679.
  • Kontak die kerkkantoor vir navrae of vir Marius van Reenen 074 923 2428 (voorsitter van die kerkraad).

Die kerkraad hou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.