Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: VOLTYDSE MEDELERAARSPOS, ONBEPAALDE TERMYN
Sluitingsdatum: 7 September 2022 – om 12:00.
Visie: Hoogland is ’n gemeenskap wat geloof deur liefde tot dade leef (Gal 5:6).
God roep ons om die visie uit te leef deur:
– familie te wees,
– wat saam groei in geloof,
– almal liefhet,
– en ’n verskil maak.
Indien die Here se roeping vir Hoogland tot jou spreek, wil Hoogland jou uitnooi om deel te neem aan die voortgaande onderskeidingsproses deur die medeleraar van Hoogland te word.
Leraarsprofiel:
Die kerkraad stel haarself beskikbaar om deur die Gees en jou aansoek gelei te word in hierdie proses. Jy sal mede- en gedeelde verantwoordelikheid neem vir alle fasette van die bediening in Hoogland en die gemeenskap.
Gaan kyk gerus op ons webblad: www.pehoogland.co.za of Facebook:
www.facebook.com/pehoogland of www.youtube/pehoogland om te sien waarmee die Here met sy gemeente besig is.
Vergoeding:
Vergoeding geskied in lyn met die sinodale skale met alle voordele ingesluit.
’n Ruim, netjiese pastorie word aangebied vir inwoning.
Aansoeke:
• Ons wil jou graag leer ken deurdat jy vir ons ’n kreatiewe CV, nie langer nie as drie bladsye, stuur na info@pehoogland.co.za
• Heg vir ons ook ’n brief aan waarin jy vir ons vertel hoekom die Here dit op jou hart druk om aansoek te doen by Hoogland.
• Stuur ook, indien beskikbaar, vir ons ’n skakel na ’n onlangse erediens en/of preek.
Sluitingsdatum: 7 September 2022 – om 12:00.
Navrae:
Mev Saretta Dawson (gemeentebestuurder): 041 367 1485 (08:00-14:00),
info@pehoogland.co.za
Ds Pieter Nel (leraar): 082 879 1466, pcjnel@gmail.com
Mnr Ferdi Röhm (kerkraad): 082 453 8772, ferdi.rohm@gmail.com
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
