Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Overkruin

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Voltydse medeleraarspos.

Sluitingsdatum: 30 September 2022.


Die gemeente is geleë noord van die Magaliesberg in Wonderboom, Pretoria met ongeveer 1 400 belydende en 200 dooplidmate. Ons nooi gelegitimeerdes van gereformeerde verband uit om aansoek te doen vir ’n voltydse medeleraarspos.

Gemeenteprofiel:
• Die gemeente se karakter en visie is om te aanbid, om te gee en hoop te bring.
• Ons het twee eredienste, ’n oggenddiens met orrelbegeleiding en ’n aanddiens met orkesbegeleiding. Ons is bekend vir hartlike samesang en gebruik graag Afrikaanse sowel as Engelse liedere wanneer ons die Here loof, prys en aanbid.
• Die gemeente benut multimedia-tegnologie ten volle in die bereiking van ons doelwitte.
• Die gemeente streef na ’n omvattende intergeneratiewe bedieningstrategie.
• Ons is welbekend vir aktiewe deelname aan verskeie uitreikaksies binne en buite gemeentegrense.
• Ons is trots op samewerking met buurgemeentes, skole en instansies ten einde die multikulturele samelewing se behoeftes aan te spreek.

Leraarsprofiel:
Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om mede-verantwoordelikheid te aanvaar vir alle fasette van gemeentewerk soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde. Daar sal verder van hom/haar verwag word om onder andere die volgende funksies te verrig:
• Inspirerende effektiewe Skrifgetroue prediking en pastorale versorging vir verskillende teikengroepe.
• Bewese leierseienskappe en bestuursvaardighede wat op visionêre wyse toegepas word en in spanverband kan saamwerk.
• Vaardig in intergeneratiewe eredienste vir inpersoon sowel as virtuele erediensgangers.
• Die gemeente het ’n spesifieke behoefte aan ’n geïntegreerde benadering tov ’n uitgebreide gesinsbediening waar jongmense, kinders, ouers en grootouers, gesamentlik en afsonderlik, saam op die geloofsreis geneem word in tye van verandering met bepaalde uitdagings.
• Die uitbou van ’n gasvrye en stimulerende atmosfeer waarbinne lidmate deelneem aan die bedieninge.
• Toerusting van lidmate vir die uitleef van hulle roeping teenoor mekaar en die wêreld.
• Handhawing en uitbreiding van missionale verhoudinge met die breër gemeenskap waarbinne die gemeente funksioneer.

VERGOEDING:
’n Vergoedingspakket, wat ’n behuisingstoelaag volgens sinodale riglyne insluit, sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

AANSOEKE:
• Stuur asb aansoeke elektronies voor of op 30 September 2022 aan: die Skriba, Mev Naomi Bekker-Kapp, by deofaverenaomi@gmail.com
• Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV met vermelding van drie referente.
• ’n Aanvullende motivering (maksimum twee bladsye) moet die aansoek vergesel waarin aangedui word hoe die kandidaat met sy/haar besondere talente en gawes tot die funksionering van die gemeente kan bydra gegewe die uitdagings, maar ook geleenthede wat tans ondervind word. Hoe dink en droom jy oor die kerk?
• Kandidate wat oorweeg word kan genooi word vir ’n preekbeurt en ’n onderhoud.
• Die Pre-advieskommissie behou die reg voor om op eie inisiatief ook inligting aangaande die aansoeker in te win vir oorweging.

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2023 of so spoedig moontlik daarna.

Navrae: Faan van Wyk – voorsitter: Pre-Advieskommissie – famvwyk@mweb.co.za of 082 469 0804; ds Willie Rothmann – will4xtus@gmail.com of 082 490 2362.

  • Die gemeenteraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.