Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraar
Termyn: Onbepaald.
Sluitingsdatum: 5 September 2022, 12:00.
Gemeenteprofiel:
Porterville is ’n plattelandse dorp geleë in die Swartland, in die Wes-Kaap. Die gemeente bestaan uit 299 besoekpunte in die dorp, en 103 besoekpunte op plase. Binne die gemeentegrense is ook ’n ouetehuis en ’n gevangenis. Dit is hoofsaaklik ’n sterk landbougemeenskap met ’n sterk kunskultuur en uitnemende hoër- en laerskool.
Die gemeente se visie is: “Groei na Christus”.
Leraarsprofiel:
• Die geskikte kandidaat moet ’n gelegitimeerde predikant binne die NG Kerk wees.
• Alle ampstake soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde moet verrig word.
• Die geskikte kandidaat moet effektief binne die leefwêreld en konteks van ’n plattelandse gemeente kan funksioneer en bedien.
Die volgende is vir die gemeente van Porterville belangrik:
• Toepaslike ondervinding van vorige gemeente(s).
• ’n Geesvervulde, energieke leraar wat oud en jonk passievol met die Woord kan bedien.
• Ondervinding van geestelike toerusting, kleingroepbediening en jong-volwasse bediening.
• Missionale gerigtheid op die gemeenskap.
• Die vermoë om verandering te bestuur.
Vergoeding: Die sinodale skaal word as riglyn gebruik.
Diensaanvaarding: 1 November 2022 (Onderhandelbaar).
Aansoekproses:
• Aansoeke moet vergesel word van ’n CV nie langer as drie bladsye nie asook die kontakbesonderhede van drie referente.
• Van alle aansoekers sal verwag word om ’n toepaslike vraelys te voltooi wat u by die kerkkantoor moet aanvra en saam met u aansoek stuur na die skriba, Anchen Barnard, e-pos skriba@ngport.co.za teen 5 September 2022, 12:00.
Navrae:
Voorsitter van die kerkraad: Mnr Leopold Human, sel: 083 286 3391.
- Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
