Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE VIR GEMEENTELERAAR (ONBEPAALDE TERMYN)
Die kerkraad nooi biddend gelegitimeerde leraars van die NG Kerk (of studente wat in November 2022 gelegitimeer word) uit om aansoek te doen vir ’n opwindende pos.
Sluitingsdatum: Maandag, 26 September 2022.
Gemeenteprofiel:
Uitenhage-De Mist bestaan uit 950 belydende en 200 dooplidmate. Ons is ’n omgee-gemeente, na binne en buite, wat ’n hoë premie op goeie verhoudinge, versorging en ondersteuning plaas.
Die gemeente is in Kariega (Uitenhage) geleë, die hartland van groot motorindustrieë soos Volkswagen en Goodyear. Daar is ook dosyne kleiner vervaardigers. Ons gemeente grens aan hierdie industrieë. Ons is ’n sentrum van hoop vir ons omgewing.
Ons gemeenskap beskik oor uitstekende skole en mediese dienste. Kariega is deel van die Nelson Mandela Metropool.
Leraar:
Ons leraar help ons geestelik groei, bind ons saam en gaan ons voor in diens van die Here, mekaar en die groter gemeenskap. Hy of sy het ’n lewende verhouding met die Here, kan leiding neem, pas goeie selfbestuur toe, is ’n spanwerker en handhaaf ook goeie verhoudinge met kollegas in die ring.
Die verskillende NG gemeentes in die Ring van Uitenhage werk saam met ’n fokus op gemeenskaplike doelwitte.
Opdrag:
Artikel 9 van die Kerkorde soos ooreengekom met die kerkraad.
Vergoeding:
Totale jaarlikse koste van indiensneming beloop R390,000. ’n Toelaag vir telefoon en internet word bykomend betaal. Gratis huisvesting in ’n pastorie word voorsien.
Diensaanvaarding: 15 Januarie 2023 of so gou moontlik daarna.
Aansoeke:
Aansoeke bestaan uit ’n dekbrief en ’n kort CV. Vertel ons in die dekbrief iets meer oor jou lewensreis, asook aspekte soos: jou roepingsverhaal, jou bedieningservaring, wat jou energeer, areas waar jy nog moet groei, en hoe jy konflik hanteer. Vertel ook hoe jy jou bediening in ’n nywerheidsdorp sal inrig, en meld enige ander saak wat jy onder ons aandag wil bring.
E-pos jou aansoek aan: ngdemist@ngkok.co.za
Aansoekers moet beskikbaar wees vir evaluering.
Navrae:
Ds Hennie Meyer (konsulent), 083 442 9494.
Me Irene Julies (voorsitter kerkraad), sel 083 427 0439 of 079 696 1597 (WhatsApp).
Sluitingsdatum: Maandag, 26 September 2022.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit een van die aansoekers te maak nie.
