Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG KERK MALELANE

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van Malelane wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.

Vakature: Voltydse leraarspos

Sluitingsdatum: 30 September 2022.

Gemeenteprofiel: Malelane is ’n dinamiese plattelandse dorp in Mpumalanga se Laeveld, die middelpunt van ’n streek wat omring word deur die Krugerwildtuin, Mosambiek en Swaziland. Die geografiese grense strek tot ’n afstand van 50 km, maar 90% van die gemeente woon binne 20 km van Malelane. Boerdery en -verwante bedrywe en nywerhede domineer die gebied en word aangevul deur toerisme- en ander dienstebedrywe.
Malelane besit ’n goed funksionerende laerskool met Nelspruit Hoërskool of Komatipoort Akademie as opsie vir hoërskoolkinders. Goeie gesondheidsdienste is in die dorp beskikbaar en ’n nuwe daghospitaal is tans in aanbou. Privaat hospitaalgeriewe is beskikbaar in Nelspruit.
Die gemeente het ’n gesonde ouderdomsverspreiding met 285 belydende lidmate en 92 dooplidmate. Dit is ’n omgee-gemeente wat liefde uitleef na almal en interpersoonlike verhoudings hoog op prys stel, lidmate wat diep gelowig is met hoë spiritualiteit. Lidmate speel ook ’n rol in gemeenskapsinisiatiewe wat saamwerk met ander kerke, skole en instansies. Malelane-gemeente is finansieel geseënd.

Leraarsprofiel: Ons wil graag hê dat die leraar wat beroep word na Malelane die volgende eienskappe sal openbaar:
• ’n Lewende, persoonlike verhouding met God Drie-enig.
• Mooi verhoudinge kan bou, alle mense met respek en liefde hanteer en die evangelie deur woord en daad verkondig.
• Goeie interpersoonlike vaardighede toon en gemaklik in spanverband funksioneer.
• ’n Hart vir die aktiewe bediening op die platteland met die doel om ’n verskil te maak in ons wyer gemeenskap.
• ’n Evangeliese hart en missionêre gerigtheid.
• ’n Teologie wat klem plaas op die suiwerheid van die leer soos verwoord in die kerk se belydenisskrifte.

Pligte:
• Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
• Geestelike leiding van die gemeente om die Here met oorgawe te aanbid.
• Dinamiese en aktuele prediking met ’n klem op lof en aanbidding.
• Betrokkenheid by jeug- en gesinsbediening.
• Pastorale ondersteuning aan die gemeente en gemeenskap.
• Betrokkenheid by die gemeenskap, veral by skole.

Vergoeding en voordele: Traktement, reistoelae, medies, pensioen en groeplewensversekering volgens sinodale aanbeveling asook ’n toelae vir amptelike kommunikasie. ’n Ruim pastorie is beskikbaar of ’n behuisingstoelae vir ’n woning in Malelane.

Aansoek: Ons nooi leraars van die NG Kerk wat ons op hierdie pad wil begelei om hulle CV’s in te stuur na ngmalela@mweb.co.za met die oog op ’n beroep hierheen.

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2023.

Navrae: Kontak gerus die kerkraadsvoorsitter, Wessel Erasmus (082 547 8630) vir enige navrae.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.