Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

(In samewerking met die Algemene Taakspan vir Bybelvertaling en Verklaring)

VAKATURES: VIER DEELTYDSE LERAARSPOSTE

Die vier poste sal elk in een van die volgende areas werksaam wees:

  1. Wes-Kaap – sinodale gebied
  2. Suid-Kaap – sinodale gebied (Wes-Kaap)
  3. Noord-Kaap – sinodale gebied
  4. Goudland – sinodale gebied

Wie is die Bybelgenootskap van SA?

Die Bybelgenootskap van SA se missie is om aan elke mens, in sy eie taal, ’n bekostigbare Bybel te verskaf. Dit word gedoen deur die vertaling, publisering en verspreiding van Bybels. Die Bybelgenootskap is een van die 149 ander Bybelgenootskappe regoor die wêreld, wat deel vorm van die “United Bible Societies” Die Bybelgenootskap van SA werk in vennootskap met al die Christene en Kerkgenootskappe in SA en is afhanklik van hulle ondersteuning. Daar is ’n amptelike vennootskap met die NG Kerk.

Posvereistes:

  • Gelegitimeerde predikant van die NG Kerk tussen die ouderdom 50-60 jaar.
  • Goeie kommunikeerder in Afrikaans en Engels.
  • Goeie menseverhoudinge: Die vermoë om netwerke te bou en te onderhou.
  • Deeglike organiseerder en leierskapervaring.

Posomskrywing:

  • Die posbekleër sal van die huis af werk en moet oor eie vervoer beskik. Werksure is minimum 16 ure per week wat twee gemeentebesoeke per maand insluit.
  • Daar sal verwag word om die Bybelgenootskap in die onderskeie NG Kerk ringe en sinodes te verteenwoordig en ondersteuning vir die missie van die Bybelgenootskap positief te bevorder.
  • Die suksesvolle kandidate sal deur die Algemene Taakspan vir Bybelvertaling en verklaring (wat namens die Algemene Sinode van die NG Kerk optree) benoem en bevestig word.
  • Basiese vergoeding met moontlikheid om die pos uit te brei.

Navrae oor elke afsonderlike pos en die vergoeding word by die spesifieke streekleiers gedoen. Hulle is:

  1. Wes-Kaap – Dr Quintus Heine heine@biblesociety.co.za 083 381 6878.
  2. Suid-Kaap – Dr Quintus Heine heine@biblesociety.co.za 083 381 6878.
  3. Noord-Kaap – Rev Pierre du Plooy duplooy@biblesociety.co.za 082 655 0435.
  4. Goudland – Dr Gerhard Lindeque lindeque@biblesociety.co.za 082 374 8703.
  • Volledige CV met drie toepaslike referente met kontakbesonderhede moet elektronies gestuur word na bostaande adresse.
  • Let op dat die verskillende streke se poste elkeen ’n ander adres en kontakpersoon het.

SLUITINGSDATUM: 30 September 2022.

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2023.

Die Bybelgenootskap behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoekers of genomineerdes te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.