Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: BRUGLERAAR
Die kerkraad maak in afhanklikheid van die Here die pos vir brugleraar bekend aan ’n leraar wat die brugleraarskursus van die NG Kerk voltooi het.
• Die gemeente het ’n behoefte aan iemand om haar te begelei langs ’n weg van herstel, vernuwing en verdieping.
• Die pos is vir ’n minimum tydperk van ses maande, met die moontlikheid om die termyn te verleng, beskikbaar.
• Vergoeding word volgens sinodale skaal, wat behuising en reistoelae insluit, vasgestel.
• Heilbron is ’n plattelandse dorp geleë 60 km van Sasolburg in die Noord-Oos-Vrystaat.
• Die gemeente het 270 belydende lidmate en 60 dooplidmate.
• Die gereformeerde leer is vir die gemeente belangrik.
• Die take en opdragte soos vervat in reglement 18.6 asook Artikel 9 van die Kerkorde met spesifieke verwysing na die volgende prestasieareas, is van toepassing:
Begelei die kerkraad in die uitvoering van die vyf ontwikkelingstake, nl
a. Help die gemeente om oor sy geskiedenis na te dink, die goeie te vier en te leer uit die frustrasies en teleurstellings.
b. Staan die gemeente by om sy identiteit te herontdek en te verstaan wat God se roeping vir die gemeente in die volgende jare is.
c. Werk saam met die kerkraad om die leierskap te vernuwe en toe te rus.
d. Help om die gemeente se verhouding met die sinode en sy bedieninge te versterk.
e. Ondersteun die gemeente in die voorbereiding vir die koms van ’n nuwe predikant en ’n nuwe bedeling.
• Vir enige navrae skakel vir ds Gerrit Strydom (konsulent) by 076 423 0363 of vir mnr Lieb Kriek by 082 806 8711.
• Aansoeke vir hierdie pos moet asb voor of op 14 Oktober 2022 die kerkkantoor by e-pos: ngheilbrons@gmail.com bereik.
