Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraar
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2022.
Die gemeente Vryheid-Suidoos is ’n klein plattelandse gemeente in die noorde van KZN in die mooi dorp Vryheid met 532 belydende lidmate en 194 dooplidmate. Ons is twee NG gemeentes op die dorp. Die leraarspos is van 1 Januarie 2023 vakant. Ons gemeenskap beskik oor uitstekende skole en mediese dienste.
Leraarsprofiel: Ons wil graag hê dat die leraar wat beroep word na Vryheid-Suidoos die volgende eienskappe sal openbaar:
1. ’n Lewende, persoonlike verhouding met God Drie-enig.
2. Mooi verhoudinge kan bou, alle mense met respek en liefde hanteer en die evangelie deur woord en daad verkondig.
3. Goeie interpersoonlike vaardighede toon en gemaklik in spanverband funksioneer.
4. ’n Hart vir die aktiewe bediening op die platteland met die doel om ’n verskil te maak in ons wyer gemeenskap.
5. ’n Evangeliese hart en missionêre gerigtheid.
Werksprofiel:
1. Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
2. Geestelike leiding van die gemeente om die Here met oorgawe te aanbid.
3. Dinamiese en aktuele prediking met klem op lof en aanbidding.
4. Betrokkenheid by jeug- en gesinsbediening.
5. Pastorale ondersteuning aan die gemeente en gemeenskap.
6. Betrokkenheid by die gemeenskap, veral by skole.
Vergoeding en voordele: sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word met inagneming van sinodale riglyne. Gratis huisvesting in ’n pastorie word voorsien.
Belangstellendes moet die volgende elektronies aan ons voorsien by: E-pos: ngsuidoos@gmail.com.
1. Aansoeke bestaan uit ’n dekbrief en ’n volledige CV. Vertel ons in die dekbrief iets meer oor jou lewensreis, asook aspekte soos: jou roepingsverhaal, jou bedieningservaring, wat jou motiveer, areas waar jy nog moet groei, en hoe jy konflik hanteer.
2. Kontakbesonderhede van vier referente.
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2022.
Gemeente hou die reg om nie ’n aanstelling uit die aansoekers te maak nie.
