Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Medeleraar: Vasgestelde termynpos
Met opgewondenheid en in afhanklikheid stel NG Meerensee ’n termynpos van drie jaar bekend met ’n besliste opsie om dit permanent te maak. Ons nooi gelegitimeerde leraars asook finalejaar teologiese studente wat in 2022 gelegitimeer word, om aansoek te doen vir hierdie pos.
• Waar is ons? Geleë aan die noordkus van KwaZulu-Natal is Meerensee, geseënd
met pragtige natuurskoon en ’n besliste paradys vir die buitelewe persoon. As deel
van die groter Richardsbaai, geniet ons al die voordele van die stad, sonder die verkeer.
• Ons fokus: Meerensee probeer haarself uitleef rondom Kolossense 3:11: “Hier is Christus alles en in almal.” In die lig hiervan, is Christus absoluut die rede vir ons lof, aanbidding, maar ook ons omgee vir almal – naby en ver.
• Besoekers aan ons gemeente getuig van ’n warm vriendelike, gemaklike atmosfeer
in die eredienste. Dit is vir ons belangrik dat eredienste ’n geestelike ervaringskuier
sal wees waar almal welkom is.
• Ons poog om ’n ruimteskeppende gemeente te wees waar gelowiges hulle gawes
kan uitleef, in ’n gesonde balans van “being” en “doing” tot eer van God die Vader.
• Belangrike eienskappe van aansoekers wat in aanmerking geneem word:
Iemand wat saam met ons gemeente ’n spesiale liefde het vir tieners en die
besonderse pad wat die Here met hulle stap.
Iemand wat graag kom inhak by ons jong volwassenes en jong gesinne in ’n
ontdekkingsreis saam met die lewende God.
Iemand wat beslis kan identifiseer met en ’n oop hart het vir mense binne en buite die kring van ons gemeente … dit gaan oor “Meer as ons …” (2023 – tema).
Iemand wat saam met ons opgewonde raak oor nuwe moontlikhede vir die navolging van Christus en waar nodig is, dapper leiding sal gee, maar ook bereid
is om leiding te aanvaar.
Iemand wat steeds saam met ons bly nadink oor God se pad met gelowiges hier
op aarde en ruimte kan skep vir verskeie insigte.
Iemand wat eg vanuit innerlike oortuigings na buite leef en saam met ons die
lewe kan geniet, maar ook broosheid kan wys in stukkende tye.
Iemand wat saam met ons voortdurend uitkyk na nuwe, vars kreatiewe uitdruk-
kings van God se genade wat ons lei tot aanbidding, lofprysing en diensbaarheid.
Daarom nooi ons jou om op jou unieke wyse saam met ons te kom stap op ons geloofsreis. Meer inligting oor ons is beskikbaar by die kerkkantoor of kom kuier op ons Fb-blad.
Ons wil jou graag leer ken.
• ’n Vraelys wat ons hiermee help is verkrygbaar by die kerkkantoor.
• Saam met die vraelys verlang ons ook ’n CV van nie langer as drie bladsye nie. Ons stel nie net belang in jou gawes nie maar ook in jou menswees.
• Die name en kontakbesonderhede van drie onlangse referente sal waardeer word.
Bogenoemde kan gestuur word na ngmeerensee@absamail.co.za
Die sluitingsdatum vir die ontvangs van CV’s is 7 Oktober 2022 om 12:00. Ons sal jou CV deeglik oorweeg en mag dan besluit om jou te nooi vir ’n onderhoud/preekbeurt.
Diensaanvaarding is 1 Januarie 2023.
Vergoeding: Ons sal jou graag materieel versorg met ’n pakket tot en met sinodale posvlak 2 as riglyn. Ons is ook bereid om na jou behoeftes te luister en daaroor te onderhandel.
Jy is welkom om navraag te doen by
• Ds Tertius Naudé (084 586 2062/ boodskap@absamail.co.za) of
• Annolien Liebenberg, (035 7532332 / ngmeerensee@absamail.co.za) kantoorbestuurder.
Die gemeenteleiding het die reg om nie noodwendig ’n aanstelling te maak uit die aansoeke nie.
