Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG KERK KUILSRIVIER-DE EIKE

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad nooi in afhanklikheid van die Here kandidate om by ons gemeente aansoek te doen vir die pos van:

ORRELIS

De Eike is ’n aktiewe gemeente in Kuilsrivier, ’n voorstad van Kaapstad. Die gemeente lê aan die westekant van die woonbuurt, tot aan die Bottelarypad. Ons heg groot waarde aan spanwerk, en aan ons weeklikse oggenderediens, waar die orrel die begeleiding verskaf uit die Liedboek, FLAM- en VONKK-bundels.

Van ’n kandidaat vir die pos van orrelis verwag ons:

– Dat hy of sy ’n belydende lidmaat van die NG Kerk sal wees.

– Ten volle gekwalifiseerd vir kerkorrelspel met ’n minimum van Unisa Graad 8 (Kerkorrel) of gelykstaande kwalifikasie. Vaardigheid in die begeleiding van gemeentesang is ’n vereiste, en sal prakties geëvalueer word.

– Om op te tree as koördineerder van musiek in die gemeente.

– Om spesiale programme saam te stel en te begelei vir geleenthede soos Hemelvaart, Pinkster, Bybelsondag, Herdenkingsdae ens, asook begrafnisdienste en huwelike.

– Om die jaarlikse Kerssangdiens te reël, in te oefen en aan te bied.

– Hartlike samewerking met alle rolspelers rondom die erediens.

– Die afrigting en leiding van die kerkkoor.

– Deelname aan die vergaderings van die Erediens- en Aanbiddingkommissie van die kerkraad.

– Die opstel van Voorsangroosters vir die voorsanggroepe in die gemeente.

– Gereelde kontak met die ondersteuningspanne by die erediens (PowerPoint- en klankspanne).

Vergoeding: Salaris sal met die kandidaat onderhandel word na gelang van kwalifikasies en ondervinding. SAKOV-skale sal as riglyn gebruik word.

Navrae: Voorsitter van die Uitvoerende Kommissie, mnr Piet Rootman, sel: 082 375 0259.

Stuur u aansoek met kort CV na: Me Mariana van Schalkwyk, e-pos: ngkeike@cybersmart.co.za of pietalae@gmail.com

Sluitingsdatum vir aansoeke: 17 Oktober 2022.

Die suksesvolle kandidaat se dienstermyn begin DV op 1 Desember 2022.

Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.