Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse medeleraarspos
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2022.
GEMEENTEPROFIEL:
NG Gemeente Aliwal-Noord is ’n plattelandse gemeente in die Oos-Kaap, ± 200 km vanaf Bloemfontein.
Die lidmaattal: belydend: 890, doop: 240.
Ons slagspreuk is: Opgebou en uitgestuur tot eer van sy Naam.
Op Aliwal is almal welkom, hier leer ons om soos Christus te leef. Ons roeping met waardes, genade, gasvryheid en getrouheid.
Dorpswyke: 44 en plaaswyke: 7.
Die dorp beskik oor ’n laer- en hoërskool asook ’n tehuis vir bejaardes. Die Goedemoed gevangenis-wyk met ongeveer 60 lidmate, wat 35 km van die dorp geleë is, val binne die bedieningsveld van die gemeente.
LERAARSPROFIEL:
Ons gemeente sien uit daarna om iemand te ontmoet wat aanklank vind by die volgende profiel:
’n Leraar wat erns maak met pligte omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.
’n Leraar betrokke in die gemeenskap en gemeente begelei om aktief hulle Christenskap uit te leef.
Jeug, jong volwassenes en bejaardes lê ons na aan die hart.
Verhoudinge uit te bou en pastorale versorging te koester.
Opbou en uitbou van dissipelskap deur middel van onder andere kleingroepe, effektiewe bediening aan werkende jong lidmate en gesinne.
Bou van verhoudinge met die breër gemeenskap waarbinne NG Kerk Aliwal-Noord funksioneer.
Vergoeding: Volgens die Oos-Kaap se sinodale riglyne.
Behuising en ander voordele is beskikbaar.
Aansoeke:
Vraelys is beskikbaar by die kerkkantoor: ngkaliwal@lantic.net
Stuur ’n verkorte CV met ’n dekbrief wat meer vertel oor jouself, gawes en passies, asook die kontakbesonderhede van drie referente.
Stuur na ngkaliwal@lantic.net met verwysing: Vakature medeleraar.
U moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en moontlike preekbeurt.
Navrae: Smit du Plessis (Voorsitter Diensverhouding) sel: 083 273 6203.
Corrie Nel (Skriba) 051 633 2632, sel: 083 404 5514.
Abrie Oberholster (Voorsitter Kerkraad), sel: 083 320 3925.
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2022.
Diensaanvaarding: So gou as prakties moontlik na suksesvolle onderhandelinge.
Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling te maak uit die aansoeke wat ontvang is nie.
