Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE PATMOS Port Elizabeth (Gqeberha)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: VOLTYDSE LERAAR

Sluitingsdatum: 15 November 2022.

Gemeenteprofiel:
Patmos is ’n voorstedelike gemeente met 602 belydende lidmate en 118 dooplidmate. Die lidmate kom nie net uit Patmos se oorspronklike geografiese area nie, maar is versprei oor verskillende woonbuurte dwarsoor die stad. Die lidmaatsamestelling strek oor alle ouderdomsgroepe. Die gemeente vier vanjaar sy 60ste bestaansjaar en ons kan daarom terugskouend getuig oor ons hemelse Vader se groot genade en voorsiening vir sy gemeente.

Patmos se leuse is “waar liefde werk” en ons visie is “om vrede en genesing te bedien in die voetspore van Jesus”. Afgesien van bediening van die gemeente self, is Patmos sterk missionaal gerig met ’n gefokusde bediening in die gemeenskap rondom ons en ’n getuienisbediening wat wyd strek oor landsgrense heen.

Leraarsprofiel:
Patmos se leraar is ’n Geesvervulde visionêre leier wat die kerkraad en gemeente kan inspireer om met voortgesette en biddende toewyding die praktiese verwesenliking van Patmos se visie na te streef. Haar/sy ervaring in die bediening, tegnologiese vaardighede en fyn aanvoeling vir die behoeftes van die diverse groeperinge in die gemeente (die hele spektrum van die jeug, gesinne, enkellopendes, bejaardes, ens) maak dit vir haar/hom moontlik om in biddende afhanklikheid van die drie-enige God sy roeping na Patmos te vervul.

Vergoeding en voordele:
Onderhandelbaar binne die raamwerk van die riglyne van die Oos-Kaapse Sinode.

Aansoeke:
Aansoeke moet ’n bondige CV insluit asook die kontakbesonderhede van drie referente. Voorsien asseblief skakels na van u onlangse aanlyn eredienste. Kandidate kan ook genooi word vir ’n preekbeurt en ’n persoonlike onderhoud. Aansoekers sal ’n bedieningsgerigte vraelys ontvang wat ook voor die sluitingsdatum voltooi en ingedien moet word.

Rig aansoeke per e-pos aan die sekretaris van die Pre-advieskommissie by: chrisvan@xsinet.co.za

Sluitingsdatum: 15 November 2022.

Navrae:
Voorsitter Pre-Advieskommissie: Rick Oosthuizen 083 400 5934.
Kerkkantoor: Elizna Milne (skriba) 041 373 4419.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.