Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG LAMBERTSBAAI

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: LERAAR

VASTE TERMYNBEPAALDE POS VIR DRIE JAAR

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Oktober 2022.


Gemeenteprofiel:
Lambertsbaai is ’n plattelandse Weskusdorp geleë in die Sandveld, in die Wes-Kaap. Die gemeente bedien tans 485 lidmate (belydend – 442; doop – 43) waarvan 212 lidmate ouer is as 65, en 61 ouer as 80 is. Dit is hoofsaaklik ’n toerisme- en vakansiedorp met heelwat afgetredenes met twee plaaswyke.
Die gemeente se visie is: “Liefde sonder grense”.

Leraarsprofiel:
 Moet ’n gelegitimeerde predikant van die NG Kerk wees.
 Bekwaam om alle ampstake soos in Artikel 9 van die Kerkorde omskryf te verrig.
 Sterk fokus op verhoudinge met lidmate en verstaan die waarde van huisbesoek.
 Vaardige geestelike leier en bestuurder wat die uitdagings van plattelandse gemeentes verstaan en dit saam met die kerkraad kan aanpak.

Die volgende is vir die gemeente van Lambertsbaai belangrik:
 ’n Energieke geestelike leier wat fokus op geestelike groei en inspirerende eredienste.
 ’n Leraar wat lief is vir mense en fokus op goeie menseverhoudinge.
 Moet gemaklik werk met bejaardes en gestremdes (sien profiel van die gemeente).
 Sterk dienende leierskap in die gemeente en kerkraad, bestuur verandering en energeer die gemeente.
 Ontwikkel goeie verhoudinge met die breë gemeenskap en ander denominasies.
 Goeie bestuurs- en beplanningsvaardighede.
 Huisbesoek en ontwikkeling van gemeenteleierskap.
 ’n Passie vir musiek en sang (vaardigheid met ’n begeleidingsinstrument sal ’n bate wees).

Vergoeding: Volgens die sinodale skaal (Kerf 4) met gratis huisvesting in ’n ruim pastorie.

Diensaanvaarding: 1 Maart 2023.

Aansoeke: Belangstellendes moet asseblief die volgende elektronies aan ons voorsien by ngklambertsb@telkomsa.net
 ’n Aansoekbrief, nie langer as twee bladsye nie, waarin die aansoeker se spesifieke gawes, passie, belangstellings, visie en roeping vermeld word.
 ’n Kort CV, nie langer as drie bladsye nie.
 ’n Kort bekendstellingsvideo waarin bedieningservaring, bedieningsvoorkeure, beson dere gawes, visie en roeping beskryf word.
– Drie kontakbare referente.
 Dit sal waardevol wees indien skakels van erediensopnames en/of aanlyn eredienste verskaf kan word.

Deur die indiening van hulle CV’s gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hulle CV’s, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing (Protection of Personal Information Act), deur die NG Kerk Lambertsbaai vir kerklike doeleindes, asook vir die beroepingsproses gebruik kan word.

Algemeen: Navrae kan gerig word aan die leieroudeling, Willem Brand (083 281 6862) of Koos van der Westhuizen (082 788 6535).

Kandidate wat die kortlys haal, sal vir onderhoude genooi word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.