Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG PIETERSBURG-NOORD

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: VOLTYDSE GEMEENTELERAAR

Sluitingsdatum: 04 November 2022.

Noordgemeente nooi predikante wat resoneer met ons gemeente en geroepe voel, om hulle inligting voor te lê vir oorweging vir hierdie pos.

Gemeenteprofiel:
Noordgemeente se visie is: God gee om en daarom gee ons om. Ons leef ons visie uit deur ’n Familie van Omgee te wees met ’n lewenswyse van omgee, getuienis en gebed. Ons wil leerbaar wees, mekaar versorg en gasvry wees. Getuienis, families, musiek en geestelike groei lê ons baie na aan die hart. Dit doen ons deur op goeie verhoudings te fokus.

Noordgemeente het twee bedieningspunte, naamlik in Polokwane en Mogwadi.
Die gemeente bestaan uit 1 660 belydende en 548 dooplidmate en word tans bedien deur een voltydse leraar, ’n maatskaplike werker en aktiewe kerkraadslede.

Ons glo in belewenisgedrewe eredienste, waar mense uitstap met ’n geloofservaring. Ons glo dat die erediens ’n ontmoeting met God moet wees, asook ’n ontmoeting met medegelowiges. Ons fokus op kinders en families en ons probeer ’n gasvrye, vriendelike omgewing skep vir gemeentelede en besoekers.

Leraarsprofiel:
• Iemand wat die Here liefhet en ’n roeping het om in sy diens te staan.
• ’n Gelegitimeerde van die NG Kerk, met ’n gesonde waardering vir die gereformeerde tradisie.
• Hom/haar gemaklik kan uitleef binne ons gemeentekonteks.
• Iemand verkieslik jonger as 45 jaar, met gemeente-ervaring.
• Iemand wat gemaklik is om alle ouderdomme te bedien.
• Skrifgetrou en dinamies preek met ’n aanvoeling vir liturgie en aanbidding.

Die pos behels die volgende:
• Gemeentebediening soos voorgeskryf in Artikel 9 van die Kerkorde. Van die moontlike areas waarop die persoon se bediening kan fokus, is:
o Bediening van jong families.
o Uitbrei van musiekbediening.
o Behulpsaam met versorging van Mogwadi-lidmate.
o Uitbrei van die omgeegroepbediening.
o Uitreike en barmhartigheidsbediening in ons wyer omgewing.
o Ons wil graag aan iemand ruimte gee om sy/haar passie te kom uitleef in ons gemeente.

Aansoeke:
Belangstellendes moet asseblief die volgende elektronies aan ons voorsien.
• ’n Kort Curriculum Vitae.
• Drie kontakbare referente.
• Kort bekendstellingsvideo van ongeveer vyf minute, waarin genoem word hoekom aansoek gedoen word, spesifieke gawes, passie, belangstellings, visie en roeping.
• ’n Skakel na ’n onlangse preek.
• Aansoeke moet gerig word aan die voorsitter van die pre-advies en per e-pos gestuur word aan die skriba van die gemeente: Mev Lea Human by:
admin@ngnoord.co.za 015 287 9700

Sluitingsdatum: 04 November 2022.

Diensaanvaarding: 01 Maart 2023 of soos besluit.

Die totale koste van indiensneming (TKVI) geskied volgens sinodale riglyne.

Deur die indiening van u CV, gee u toestemming dat die inligting soos vervat in u CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing (Protection of Personal Information Act) deur NG Pietersburg-Noord vir die beroepingsproses gebruik kan word.

Die gemeente behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.