Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE BETHLEHEM-ÉFRATA

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: MEDELERAARSPOS

SLUITINGSDATUM: 13 November 2022.

In biddende afhanklikheid van die Here stel die NG Kerk Bethlehem-Éfrata die bogenoemde vakature bekend en wag met vreugde en vertroue op aansoeke van gelegitimeerde proponente en predikante van die NG Kerk.

GEMEENTEPROFIEL:
Ons is ’n plattelandse gemeente in die pragtige Oos-Vrystaat wat bestaan uit 794 belydende en 194 dooplidmate. Binne die gemeente is daar ook ’n aftreeoord. Ons senior burgers lê ons na aan die hart. Hoewel die eredienste ’n sterk tradisionele karakter dra, is daar ’n ontspanne atmosfeer en is heerlike samesang en Skrifgetroue Woordverkondiging kenmerkend. Ons is ’n gemeente wat daarna streef om almal (jonk en oud) welkom te laat voel. Die leraars en lidmate stap ’n noue pad saam met mekaar wat huisbesoeke kosbaar maak.

LERAARSPROFIEL:
• Gelegitimeerde proponente en leraars word vir die vakature oorweeg.
• Daar sal van die leraar verwag word om alle bedieningspligte, soos uiteengesit in Artikel 9 van die Kerkorde, na te kom.
• Skrifgetroue prediking, geheg aan die gereformeerde leer en belydenisskrifte van die kerk.
• Iemand wat meelewend is en die gemeente met die nodige deernis, liefde en sorg sal dien.
• Passie vir huisbesoek, siekebesoek en pastorale versorging van alle lidmate is belangrik.
• Iemand wat gemaklik in ’n span kan saamwerk.

VERGOEDING:
• Salaris en reistoelaag volgens sinodale skaal.
• Vry inwoning in pastorie.

AANSOEKE:
Aansoeke moet vergesel wees van ’n volledige CV met minstens drie referente, bedieningsvoorkeure en voltooide vraelys wat per e-pos aangevra kan word. Kandidate moet vir ’n onderhoud beskikbaar wees.
Aansoeke kan per e-pos gestuur word na ngkerkefrata@gmail.com.

NAVRAE:
Leraar: Ds Dougy Bubb, 083 287 1057, douglasbubb@gmail.com

SLUITINGSDATUM: 13 November 2022.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

  • Die sluitingsdatums vir hierdie vakature is verleng.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.