Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: ALGEMENE ADMINISTRATIEWE BEAMPTE
’n Pos vir ’n algemene administratiewe beampte (skriba) is beskikbaar vanaf 1 Januarie 2023 by die NG Gemeente Bloemfontein-Noord (Klipkerk).
Posbeskrywing:
Die beampte se pligte word in die pligtestaat uiteengesit en die belangrikste sluit die volgende in:
• Die hantering van ontvangs en telefoonskakeling by die kerkkantoor.
• Die ontvangs en veilige bewaring van alle gelde en/of voorrade wat by die kerkkantoor ontvang word en dit daarna oorhandig aan die kassier en/of ander be trokke persone.
• Algemene kantooradministrasie wat kennisgewings, dokumentasie, samestelling van gemeentelike inligting en rekordhouding insluit.
• Te dien as skriba en die kommunikasie van die gemeentelike bestuurskommissie (GBK) te behartig.
• Die opstel en hantering van sakelyste, notules en personeelaangeleenthede.
Vereistes van die pos:
Dit word van die kandidaat verwag om:
• Lidmaat van die NG Kerk te wees.
• Rekenaarvaardig te wees en minstens vertroud te wees met Excel, Word en PowerPoint.
• Vertroud te wees met die gebruik van sosiale media.
• Agtergrond in algemene administratiewe werk te hê.
• Goeie kommunikasievaardigheid, goeie menseverhoudings, vriendelikheid en hulpvaardigheid toon.
• Drie (3) dae per week vir vier (4) ure per dag te werk. Soms vereis die pos dat die kandidaat na-ure moet werk.
• Vorige ervaring as skriba by ’n gemeente sal in die kandidaat se guns tel.
Vergoedingspakket sal eers tydens onderhoudsfase bespreek word.
’n CV met kontakbesonderhede asook kontakbesonderhede van twee referente kan gestuur word aan Danie Janeke: danie.janeke@gmail.com
’n Kortlys van kandidate sal na sluitingsdatum opgestel word en sodanige kandidate sal gekontak word vir ’n onderhoud.
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 30 OKTOBER 2022.
