Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
NG GEMEENTE BRANDVLEI
Die kerkraad van Brandvlei wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.
VAKATURE: VOLTYDSE VASTETERMYNPOS
SLUITINGSDATUM: 31 Desember 2022.
DIENSTERMYN: Twee jaar
GEMEENTEPROFIEL: Brandvlei is in die Noord-Kaap geleë op die teerpad tussen Calvinia en Upington. Ons is ’n familiegrootte gemeente met 122 belydende en 24 dooplidmate met 65 besoekpunte. Die gemeente bestaan hoofsaaklik uit skaapboere.
LERAARSPROFIEL: Die gemeente is op soek na ’n gelegitimeerde leraar met volle ampsbevoegdheid.
PLIGTE:
- Soos omskrywe in Artikel 9 van Kerkorde.
- Moet ’n hart vir die platteland met sy unieke bediening hê.
- ’n Passie hȇ vir verhoudingsbou en gemeente-opbou t o v betrokkenheid by kerk, huisbesoeke, dienste en geleenthede.
VERGOEDING EN VOORDELE:
- Traktement tot ’n maksimum kerf 5, na aanleiding van applikant se diensjare.
- Diensvoordele onderhandelbaar.
- Basies gemeubileerde pastorie met gesubsidieerde munisipale dienste.
- Selfoonsubsidie sowel as internetgebruik.
- Gemeentebakkie vir lidmaat-, siekte- en huisbesoeke en brandstof.
AANSOEK: CV met ’n onlangse foto. Drie referente.
Stuur aansoeke na: ngkbrandvlei@hantam.co.za
DIENSAANVAARDING: 1 Maart 2023.
NAVRAE:
Yolandé Vollgraaff: 083 383 5816 of Andries Krügel: 083 566 4463.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
