Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
BRUGLERAAR / KONTRAKPOS TWEE JAAR
Bogenoemde twee gemeentes wag in biddende afhanklikheid aansoeke in vir bogenoemde pos.
Die twee gemeentes lê in die diep suide van Namibië. Die kerkrade van die onderskeie gemeentes het na aanleiding van hulle samestelling en behoeftes en in die lig van ekonomiese omstandighede, asook die lewensvatbaarheid van moontlike voortgang van die bediening, besluit tot samewerking.
Gemeenteprofiel:
WARMBAD:
Die gemeente is geleë 50 km suid van Karasburg, verbind met ’n goeie gruispad. Die gemeente bestaan uit 50 belydende en 15 dooplidmate. Die gemeente is opgedeel in drie plaaswyke met ’n totaal van 35 besoekpunte. Die leraar tree na agt jaar in ’n kontrakpos op 31 Desember 2022 uit diens. Warmbad se lidmate is hartlik, meelewend en werk op ’n besondere wyse saam tot behoud en voortgang van die gemeente. Die gemeente is finansieël selfversorgend.
Die gemeente bied ’n 50% pos (twee weke, twee Sondae per maand) op topkerf van die sinodale skaal van die Namibiese Sinode onderhandelbaar aan, 50% van aanbevole reistoelaag volgens sinodale skaal, asook 50% van mediese lidmaatskap, verreken saam met Ariamsvlei.
Voordele sluit in: Gratis pastorie op Warmbad met gratis krag en water, telefoon en wifi, of dieselfde voordeel is van toepasing op Ariamsvlei.
ARIAMSVLEI:
Ariamsvlei is geleë op die westelike grens van Namibië met Suid-Afrika, (Nakop-grenspos) 130 km vanaf Upington, 110 km vanaf Karasburg en 160 km vanaf Warmbad. Die gemeente bestaan uit 96 belydende en 24 dooplidmate. Die gemeente is opgedeel in vyf plaas- en dorpswyke met 60 besoekpunte.
Die gemeente het sedert die vertrek van sy voltydse leraar in 2003, gebruik gemaak van tentmakerleraar / kontrakposleraars en sedert 2020 is die konsulent, die leraar van Warmbad, betrokke om een erediens per maand te hou en die dringende pastorale behoeftes aan te spreek.
Die gemeente bied ’n 25% pos, (een week, een Sondag per maand) op topkerf van die sinodale skaal van die Namibiese Sinode, onderhandelbaar aan. Die kerkraad is oortuig dat die gemeente met ’n meer intensiewe bediening in staat is tot veel beter en sou graag wou sien dat die bediening ook op Ariamsvlei tot ’n 50% pos (soos by Warmbad omskryf) sou kon groei. Die gemeente beskik oor ’n gemeentevoertuig, (2019 Toyota Hilux GD6 enkelkajuit). Alle loopkoste van die voertuig, vir amptellike gebruik, is vir die rekening van die gemeente. Saam met Warmbad word ’n 50% toelaag tot mediese fonds lidmaatskap betaal.
Voordele sluit in: Gratis pastorie op Ariamsvlei soos by Warmbad omskryf OF Warmbad.
Leraarsprofiel:
Gelegitimeerde NG predikante / emeriti word uitgenooi om aansoek te doen.
’n Leraar wat sal kan aanpas by twee plattelandse gemeentes wat besondere behoeftes vir bediening het.
Pligte soos in Kerkorde Artikel 9 (Nam Sinode) omskryf.
Skryf vir ons ’n brief en deel u lewe en bediening met ons.
Rig dit aan: johannc@iway.na
Navrae: Ds Johann Combrinck Tel +264 81 295 3090.
Sluitingsdatum: 15 November 2022.
