Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
ONBEPAALDE TERMYNPOS VIR ’N LERAAR
Sluitingsdatum: 9 Desember 2022.
Hentiesbaai is ’n plattelandse kusdorpie 70 km noord van Swakopmund, met ’n totaal van ongeveer 10 000 inwoners. Binne die gemeentegrense is drie laerskole – twee private en een staatskool tot graad 11. Daar is ’n tehuis vir verswakte bejaardes en ook ’n sentrum vir demensiepasiënte. Daar is ook ander gevestigde en aktiewe kerkgenootskappe op die dorp.
Gemeenteprofiel: Hentiesbaai NG Kerk bestaan uit ongeveer 499 belydende lidmate en 42 dooplidmate. Die verspreiding tov ouderdomsgroepe behels die volgende:
• 0-40 is 78.
• 41-60 is 70.
• 61 en ouer is 393.
Ons beskryf ons visie – Hier is Christus alles en deur almal – en ons roeping met 4 woorde:
Aanbidding, Verhoudingsbou, Diensbaarheid en Rentmeesterskap.
Leraarsprofiel:
Hierdie pos is vir ’n leraar met bedieningsbevoegdheid in die NG Kerk en wat die ampspligte sal nakom soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde. Hy moet Skrifgetroue Woordverkondiging doen en getrou bly aan die belydenisskrifte en gereformeerde leer. Ons bid vir ’n leraar wat:
• Reeds oor bedieningsondervinding beskik.
• Wat begrip en liefde toon vir ’n plattelandse, hoofsaaklik “aftreedorp” met unieke behoeftes en omstandighede.
• Wat fokus op menseverhoudinge.
• Wat die gemeente kan lei tot realisering van haar visie en roeping.
• Wat verantwoordelik sal wees vir eredienste en kategese asook begrafnisse, doop en huwelike soos benodig.
• Wat lidmate kan toerus, bou en lei om gawes te ontdek, sodat lidmate kan aanmeld vir diens in sy koninkryk.
• Wat bereid sal wees om huis-, sieke- en pastorale besoeke te doen.
Vergoedingstruktuur:
’n Vasgestelde pakket volgens Namibiese sinodale skaal, asook ’n reistoelaag, mediese en pensioenvoordele word aangebied. Die gemeente voorsien gratis huisvesting met ander voordele onderhandelbaar.
Diensaanvaarding: So gou moontlik.
Provisio: Die kerkraad behou hom die reg voor, sonder opgaaf van redes, om nie ’n beroep uit die aansoeke uit te bring nie.
Aansoeke: Alle aansoeke moet ’n volledige CV met ten minste drie verwysings met kontaknommers insluit. Leraars wat Namibiese burgerskap het; of wat bewys van permanente verbly kan toon; of wat tans elders woon, maar wat geregtig op burgerskap is op grond van eie of ouers se geboortereg in Namibië, sal voorkeur geniet.
Navrae:
Ds Gerhard Enslin (Konsulent) +264 (0) 81 238 3116.
Gert Fourie (Voorsitter: Personeelkommissie) +264 (0) 81 129 8673.
Herman Oosthuizen (Voorsitter van die kerkraad) +264 81 280 2514.
Corrie Theron (Gemeentebestuurder) +264 (0) 81 351 0276 / e-pos: ngkhbaai@iway.na
