Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die verhaal van sestien susterkerke

A family of Reformed churches in Africa (Tweede Uitgawe) deur Gideon van der Watt en Mariëtte Odendaal
Uitgewer: CLF, 2022
Resensent: Willem Schoeman

Die NG Kerk in Suid-Afrika is inderdaad nie ’n eiland nie, maar deel van ’n familie van gereformeerde kerke in Afrika. Die boek A family of Reformed churches in Africa vertel die verhaal van die sestien susterkerke wat deel uitmaak van hierdie familie.

Die boek, saamgestel deur Gideon van der Watt en Mariëtte Odendaal, is ’n nuwe, verwerkte uitgawe van die oorspronklike 2017-publikasie.

Die bondige samestelling van die boek, asook die gemaklike, lewendige skryfstyl, maak dit toeganklik vir elke lidmaat.

Dit vertel die verhaal van hoe die NG Kerk in Suid-Afrika, aangevuur deur ’n passie vir die uitbreiding van die koninkryk, kerke dwarsoor Afrika geplant het. Aanvanklik het die kerke in ’n moeder-dogter-verhouding gestaan, maar nadat die kerke onafhanklik geword het, het die verhouding gegroei tot susterkerke. Die selfstandigheid en gelykwaardigheid van elkeen van die kerke word nou erken.

By die inleiding is ’n kaart wat aandui waar elkeen van die kerke is, asook die datums wanneer elke kerk begin het en wanneer dit onafhanklik geword het. Persoonlik vind ek die kaart waardevol om vir die belydenisklas te verduidelik wie die gereformeerde kerkfamilie is.

Die boek beskryf ook die rol van die Reformed Family Forum, wat in Augustus 2016 gestig is. Die RFF kom van tyd tot tyd byeen om oor sake van gesamentlike belang te besin.

In die nuwe uitgawe is hoofstukke bygewerk oor die kerk in Namibië, LECSA (Lesotho Evangelical Church in Southern Africa), die rol van sendelinge by die stigting van die kerke en uitdagings waarvoor die familie van gereformeerde kerke staan.

Die boek word ten sterkste aanbeveel vir almal wat die familie van gereformeerde kerke in Afrika beter wil leer ken.

Beskikbaar vir R250 by CLF.

Ds Willem Schoeman is ’n bestuursraadslid van die CLF en het onlangs ingeval as leraar van die Dutch Reformed Church in Zambia.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top