Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG RIETFONTEIN-NOORD Musiekbedienaar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

NG Rietfontein-Noord is opgewonde om jou uit te nooi om ons nuwe musiekbedienaar te word!

As dit jy is, dan het jy die volgende eienskappe en skills:
 Ek is iemand wat ’n pad met Jesus stap en erns maak daarmee om in ’n verhouding met Hom te wees.
 Ek kan met ’n instrument (verkieslik keyboard of kitaar) sowel as met my stem die gemeente in lof en aanbidding, oftewel praise & worship, begelei.
 Ek kan bekende NG Kerk-liedjies kreatief verwerk na kontemporêre oggenddiens lof-en-aanbiddingstyl toe, saam met my mede-bandmembers en/of op my eie.
 Ek kan nuwe(r) lof-en-aanbiddingsliedjies gemaklik hiermee vermeng om ’n set list te skep wat die grootste groep uit die gemeente tot opregte praise & worship in die oggenddiens sal lei.
 Ek het ’n skerp oor vir musikale kwaliteit.
 Ek hou daarvan om in ’n span saam te werk en kan leiding neem wanneer ek moet.
 Ek kan vars oor lof-en-aanbidding/praise & worship tydens ’n oggenddiens dink.
 Ek kan kreatief spesiale sanggeleenthede/sangdienste (bv Paassangdiens, Pinksterfees, Kerssangdiens) saam met ander mense uitwerk en reël.

NB: Jy móét nie saam met ’n bestaande band kom nie, maar ás jy mense ken wat ander begeleidende instrumente kan speel, sal dit goed wees. Jy mag hulle asb aan ons voorstel. Ook, as jy orrel kan speel, is dit ’n bonus!

’n Paar vrae oor myself:
1. Waar ek voorheen by praise & worship/kerkbegeleiding betrokke was.
2. Waar ek geleer musiek maak het.
3. My top 5 gunsteling gospelliedjies wat ’n mens in ’n kerk kan sing.
4. My top 5 gunsteling liedjies (enige).
5. My idee van hoe ’n sinvolle erediens lyk.

As hierdie uitnodiging met jou praat, kontak vir Tiaan (084 512 8242/ tiaanvanniekerk@gmail.com) of Frans (079 524 3864/ ekfrans@gmail.com) voor 20 November 2022.

Vergoeding en diensure sal tydens jou onderhoud bespreek word.

Ons sien uit om jou te ontmoet!

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.