Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

DUTCH REFORMED CHURCH OF BOTSWANA GHANZI GEMEENTE

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Aansoeke word hiermee vol geloof en afwagting ingewag vir:

VAKATURE: VOLTYDSE LERAARSPOS

Termyn: Onbepaald maar onderhewig aan werks- en verblyfpermitte vir nie-Botswana-burgers (die gemeente hanteer die aansoeke en koste hiervan namens die leraar).

Sluitingsdatum vir aansoeke: 5 Jan 2023.

Gemeenteprofiel: Ghanzi is ’n unieke landelike dorp (village) in die hartjie van die Kalahari in die noordweste van Botswana met unieke uitdagings en geleenthede vir die groei van die koninkryk. Ons is ’n klein familiegroote gemeente en ’n aktiewe lid van die Dutch Reformed Church van Botswana. Hoewel die gemeente primêr die Afrikaanssprekende boeregemeenskap bedien is hulle ’n integrale deel van die groter gemeenskap wat hoofsaaklik Engels- en Setswanasprekend is. Die gemeente is verbind aan die leer en belydenis van die Dutch Reformed Church, maar bedien ook gelowiges uit ander Christelike tradisies wat hier geen plek van geloofsgemeenskap in hulle eie tradisies het nie.

Leraarsprofiel:
Basiese leraarspligte soos uiteengesit in Artikel 9 van die Kerkorde geld.
• Die leraar moet ’n ywer hê vir die skep van ruimtes waar Christus sentraal staan om elkeen te lei en vorm tot emosionele en geestelike volwassenheid.
• Die bou van verhoudings, individuele pastoraat en toerusting van gelowiges word die basis van die bediening.
• Die lei van egte eenvoudige eredienste met lering en liturgie wat met gebed en lof die gemeente betrek.
• Gemaklik wees met ekurmeniese skakeling in ’n kruiskulturele konteks en die gemeente verder begelei in haar betrokkenheid by die uitbreiding van die koninkryk in die groter Botswana.
• Gemaklik wees met Engels as voertaal by alle meerdere kerkvergaderings.
• Gemaklik is om in ’n multidenominale gemeente te bedien.
• Die leraar moet fisies in staat wees om lang afstande te reis in die uitvoering van gemeente- en kerklike werk.

Vergoeding:
Die leraar word voorsien van gratis behuising in ’n ruim pastorie in ’n rustige omgewing met rekenaar, selfoon, internet en ’n gemeentevoertuig. ’n Billike vergoedingspakket word verder met kandidaat onderhandel.

Aansoekproses: Aansoek moet gedoen word deur:
• ’n Basiese CV met kontakbesonderhede van drie onlangse referente.
• ’n Kort opsomming van maksimum drie sinne oor die volgende:
1. Hoe verstaan jy tans jou roeping as leraar?
2. Hoe sien jy die rol van ’n gemeente in ’n gegewe gemeenskap?
3. Hoe verstaan jy die kern van Jesus se boodskap?
4. Waarom doen jy aansoek vir hierdie pos?

Aansoeke moet per e-pos gerig word aan die skriba by: trigonfarming@gmail.com
Telefoniese navrae kan gerig word aan +0267 72 981 094.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.