Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die kerkraad van DRC in Botswana se Kgalagadi Gemeente wag
aansoeke in, in afhanklikheid van die Here, vir onderstaande pos.
VAKATURE: VOLTYDSE LERAAR
Sluitingsdatum: 18 Nov 2022.
Dienstermyn: Minimum drie jaar, afhanklik van toegestane werkspermit.
Gemeenteprofiel: Totaal lidmate: 500 (kinders ingesluit), 95% Afrikaanssprekende lidmate, 480 km deursnee.
Leraarsprofiel: NG leraar, duidelike roeping vir armoedegemeenskappe, spanspeler, gedeeltelik finansieel selfversorgend.
Pligte:
• Artikel 9 van die Kerkorde.
• Opleiding van lekepredikers.
• Bestuur van vier VKO-speelgroepe.
Vergoeding en voordele:
• Honorarium, inligting op navraag beskikbaar.
• Selfoon- en internettoelae
• Voertuig en brandstof – werksverwant.
• Duplekswoonstel, met water en krag.
Aansoek:
• Aansoek, vergesel van CV, voor 19 November 2022.
• Drie referente ter verwysing.
• E-pos aan: tcdutoit@icloud.com
Diensaanvaarding: Waarskynlik 1 Maart 2023. Afhanklik van goedkeuring van Botswana werkspermit.
Navrae:
• TC du Toit: 079 511 4811 (SA-sel); +267 72 879 653 (WhatsApp); tcdutoit@icloud.com
• Nico en Cornel Basson: +267 71 305 073.
• Oudl Kosie Steenkamp: +267 73 588 234.
• Oudl Leentjie de Kock: +267 72 176 323.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
