Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: VOLTYDSE MEDELERAAR
Sluitingsdatum: 30 November 2022.
In biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad die pos aan gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid bekend.
Gemeenteprofiel
• Uitsig Gemeente is op die grens tussen Bellville en Durbanville (Wes-Kaap) geleë. Ons bedien ongeveer 1 200 lidmate.
• Ons leuse is Omgee vir die Woord, vir mekaar en die wêreld, omdat Jesus die Here is.
• Ons wil graag ’n inklusiewe gemeenskapskerk wees wat verwelkomend is en prakties omgee vir ons gemeenskap.
• Ons kuier graag saam en geniet goeie koffie!
Leraarsprofiel
• Opregte, geïntegreerde en dinamiese persoonlikheid met die vermoë om goed in ’n span saam te werk.
• Vereenselwig met die gemeente se visie en roepingstelling (soos hierbo uiteengesit).
• Tot en met 10 jaar bedieningservaring.
• Goeie vaardighede met Jeug- en Familiebediening.
• Veelsydigheid.
• Die uitvoer van al die verantwoordelikhede van die amp van predikant, soos verwoord in Artikel 9 van die Kerkorde, in samewerking met die ander leraar binne die bedieningsraamwerk van die gemeente.
Vergoeding
Volgens sinodale skaal. ’n Pastorie word nie voorsien nie, maar wel ’n behuisingstoelaag.
Aansoeke
Belangstellendes moet asseblief die volgende elektronies aan ons voorsien by:
admin@uitsigkerk.co.za
• ’n CV (nie langer as drie bladsye nie).
• Kontakbesonderhede van drie referente.
• ’n Selfoonvideo (nie langer as vyf minute) waarin a) jy jouself voorstel en b) jy motiveer waarom jy oortuig is dat jy die geskikte kandidaat vir die pos is.
• ’n Skakel na ’n onlangse preek van jou.
Deur die indiening van ’n CV gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hulle CV’s, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing (Protection of Personal Information Act), deur die NG Kerk Bellville-Uitsig vir kerklike doeleindes, asook vir die beroepsproses gebruik kan word.
Navrae kan gerig word aan die Voorsitter van die kerkraad: Arend Louw, 084 517 5947; e-pos: arendlouw54@gmail.com
