Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die Sinode van die NG Kerk in Suid-Afrika (Wes-Kaapland) maak die vakature vir ’n PSD: Predikantebegeleiding bekend en nooi alle belangstellendes wat daartoe geroepe voel om hulle vir hierdie pos beskikbaar te stel. Hierdie pos se standplaas is Wellington.
Die PSD: Predikantebegeleiding neem verantwoordelikheid vir:
• Die begeleiding van predikante ten opsigte van persoonsontwikkeling vir bedieningsvreugde.
• Die evaluering en uitbou van die vaardigheidsvlakke van predikante deur die koördinering van die begeleidingsentrum vir predikante.
• Die geloofsvorming van predikante deur middel van retraites en geestelike begeleiding (‘spiritual direction’).
• Die ontwikkeling van predikante as leiers in missionale transformasie.
• Betrokkenheid by netwerke vir predikantebegeleiding op plaaslike, Algemene Sinodale en ekumeniese vlak.
• Kundige insette en koördinasie ten opsigte van predikantebegeleiding met gemeentes, kerkrade, kommissies vir diensverhoudinge en ringe in samewerking met kollegas in die plaaslike netwerk vir sinodale bedieninge.
• Deurlopende navorsing oor die ondersteuning, begeleiding en ontwikkeling van predikante, sowel as die ontwikkeling van materiaal hiervoor.
• Noue betrokkenheid by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit deur oorsigtelik verantwoordelik te wees vir die gereformeerde etos van die sentrum in die bestuur en die aktiwiteite.
• Diens aan die Seminarium rondom die geloofsvorming en begeleiding van studente.
• Die oorsig oor die pastorale versorging van predikante deur persoonlike ondersteuning en verwysing na kundiges.
• ’n Ondersteunende rol by verskeie aksies saam met die Diensgroepe Gemeentebegeleiding, Toerusting en Navorsing en Voortgesettte Bedieningsontwikkeling (VBO) om missionale leierskap uit te bou.
• ’n Eie gesonde en gebalanseerde lewe en spiritualiteit as rolmodel vir ander leiers.
Die ideale kandidaat is ’n gelegitimeerde predikant (gemeenteleraar) in die NG Kerk met die volgende profiel:
• Bewese ondervinding van gemeentebediening.
• Genoegsame ervaring en vaardigheid in die ontwikkeling en vorming van gemeenteleraars, diensleraars en standplaasleraars as missionale leiers.
• Bekwaamheid om leiding te gee in die bou van netwerke.
• ’n Persoonlikheid wat vertroue en respek inboesem asook meelewing en pastorale sensitiwiteit uitstraal.
• Uitstekende kommunikasie- en fasiliteringsvaardighede.
• Strategiese denke wat groter patrone en tendense kan raaksien.
• Ervaring in navorsing oor tendense en kontekste van belang vir die effektiewe bediening van predikante as missionale leiers.
Vergoedingspakket: Volgens sinodale riglyne.
Datum van indiensneming: 1 Mei 2023.
Rig ’n volledige CV teen 18 November 2022 om 12:00 aan:
Die Saakgelastigde, NG Kerk in SA, Privaatsak X8, Bellville 7535.
E-pos: ngkadmin@kaapkerk.co.za 021 957 7104.
Heg ’n bondige voorlegging van maksimum twee bladsye aan waarin u uiteensit hoe u die voorgenome rol as PSD: Predikantebegeleiding, asook die uitvoering daarvan vir die volgende twee tot drie jaar sien.
Persoonlike navrae kan gerig word aan dr Theo Swart (voorsitter van die Taakspan: Predikantebegeleiding) by 083 457 1647 of tswart@netactive.co.za
Ds Heerden van Niekerk (Voorsitter: Diensgroep vir Toerusting en Navorsing)
083 701 7011 of hvn@cast-sa.co.za
