Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: VOLTYDSE LERAARSPOS, ONBEPAALDE TERMYN
GEMEENTEPROFIEL:
Uitenhage-Oos is ’n groot plattelandse gemeente in die hartjie van die motorbedryf, geleë 35 km van Port Elizabeth/Gqeberha. Ons is een van vyf gemeentes op die dorp wat die opdrag ontvang het om deur die Gees van God strome lewende water te wees vir die mense van die dorp. Die lidmaattal is 1 308 belydende en 222 dooplidmate.
LERAARSPROFIEL:
Entoesiastiese en meelewende leraar wie se lewe getuig van ’n lewende verhouding met God Drie-enig.
Positiewe lewensuitkyk en goeie menseverhoudings kan handhaaf.
In die ouderdomsgroep tussen 30 en 40 jaar met ten minste vyf jaar gemeentebedieningservaring.
Moet in spanverband kan saamwerk met die ander leraars van die ring binne ’n geïntegreerde bedieningsmodel.
Wye spektrum van bedieninge in gemeente kan hanteer.
Eggenote van leraar se betrokkenheid by gemeente ’n aanbeveling.
Moet in staat wees om nuwe tegnologie te gebruik in die verkondiging van die Woord en die diens van gebede.
VERGOEDING:
Vergoeding geskied in lyn met die sinodale skale met alle voordele ingesluit.
’n Ruim, netjiese pastorie word aangebied vir inwoning.
AANSOEKE:
Ons wil jou graag leer ken deurdat jy vir ons ’n kreatiewe CV, nie langer as drie bladsye nie, stuur na: skriba@uitenhageoos.co.za
Heg vir ons ook ’n brief aan waarin jy vir ons vertel hoekom die Here dit op jou hart druk om aansoek te doen by Uitenhage-Oos.
Gee vir ons die kontakbesonderhede van ten minste drie referente.
Stuur ook, indien beskikbaar, vir ons ’n skakel vir ’n onlangse erediens en/of preek.
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 2 Desember 2022 om 12:00.
MOONTLIKE DATUM VIR INDIENSNEMING: 1 April 2023.
NAVRAE:
Me C de Beer (skriba): 041 922 7179/ vonkpos: skriba@uitenhageoos.co.za
Ds Danie Nel (leraar): 041 992 5645 / 074 603 5571 / jjdnel@gmail.com
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
