Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: ORRELIS
Skuilkrans is ’n makrogemeente in die ooste van Pretoria.
Skuilkrans het ’n vakature vir ’n vindingryke en aanpasbare oggendorrelis.
Die pos behels die volgende:
• Inspirerende begeleiding van gemeentesang.
• Alle voorbereiding rondom die oggenddiens wat ’n meer klassieke karakter het en met ’n drie-manuaal SAOB-orrel begelei word.
• Bystand aan leraars met die opstel van die liturgie en uitsoek van gepaste liedere.
• Musikale versorging van ander geleentheidsdienste.
Die persoon moet oor die nodige musikale opleiding en rekenaarvaardigheid beskik.
Ervaring in begeleiding van ’n gemeente is ’n vereiste.
Koorsang/koorafrigting, asook ensemblespel met ander sangers en instrumentaliste is ’n aanbeveling.
Die persoon moet verkieslik ’n lidmaat van Skuilkrans word en deel wees van die gemeente.
Vergoeding: Onderhandelbare salaris met SAKOV-skale as riglyn afhangende van kwalifikasies en ervaring.
Die gemeente behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 9 Januarie 2023.
Stuur CV met referente na: bessie@applous.co.za
Navrae:
Bessie Keun 082 454 6060.
Ds Gerrie Bodenstein 078 509 6754.
