Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE MEYERSPARK

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: MEDELERAARSPOS

Met groot opgewondenheid en in totale afhanklikheid van Jesus Christus stel NG Gemeente Meyerspark ’n medeleraarspos bekend. Die pos is vir drie jaar met ’n moontlikheid om dit te verleng. Ons nooi jong gelegitimeerde predikante en proponente om vir hierdie pos aansoek te doen.

Wie is ons?
NG Kerk Meyerspark is ’n gemeente in die ooste van Pretoria wat uit ongeveer 820 lidmate bestaan.

Ons fokus:
Meyerspark poog om onder leiding van die Heilige Gees ons roeping uit te leef met ons visie “Elkeen sy dissipel.” Ons vra onsself voortdurend af wat God se doel en plan met Meyersparkgemeente is. Die kerkraad glo dat God groot toekomsplanne vir die gemeente en gemeenskap het en is op soek na ’n medeleraar wat saam met ons aan hierdie opwindende toekoms wil help bou.

Belangrike eienskappe van aansoekers wat in aanmerking geneem sal word, sluit in:
Iemand wat saam met die huidige leraar en kerkraad die vestiging en uitbou van ’n familiebediening en ’n bediening aan jong volwassenes sal behartig.

Iemand wat saam met die huidige leraar en kerkraad die vestiging en uitbou van kerkwees in die gemeenskap sal behartig (Missionaliteit).

Dit sal iemand wees wat kan identifiseer met en ’n oop hart het vir mense binne en buite die kring van ons gemeente en wat saam met ons opgewonde raak oor nuwe moontlikhede vir die uitbou van ons gemeentevisie en waar nodig is, leiding sal gee maar ook bereid sal wees om leiding te aanvaar.

Iemand wat steeds saam met ons bly nadink oor God se pad met ons as gemeente en ruimte kan skep vir nuwe insigte deur voortdurend uit te kyk na nuwe moontlikhede wat God vir ons skep waardeur ons elkeen sy dissipels is maar ook ander tot dissipelskap kan lei.

Indien jy 30 jaar of jonger is en kans sien om saam met ons op hierdie geloofsreis te stap, nooi ons jou om aansoek te doen vir die pos.

Stuur vir ons ’n CV van nie langer as drie bladsye nie waarin jy iets oor jouself as mens en jou gawes vertel. Jou CV moet ook ’n foto van jouself insluit. Verskaf ook die name en kontakbesonderhede van drie onlangse referente. Dit moet gestuur word na ngmeyerspark@absamail.co.za

Die sluitingsdatum vir ontvangs van jou CV is 13 Januarie 2023. Die kerkraad kan jou dan nooi vir ’n preekbeurt en onderhoud.

Diensaanvaarding: 1 Maart 2023.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit die aansoeke wat ontvang is nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.