Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: VASTETERMYNPOS VIR ’N LERAAR
Die NG Kerk Richmond is ’n klein plattelandse gemeente in die Karoo. ’n Groot gedeelte van die gemeente is veeboere en daar is ’n aantal jong gesinne met klein kindertjies. Daar is ’n dienssentrum waar bejaardes versorg word.
Die kerkraad wil graag saam met die leraar ’n pad stap soekende na die Here se bedoeling met ons gemeente.
Die kerkraad besef dat prediking, huisbesoek, pastoraat en interkerklike verhoudings ’n baie belangrike rol speel in die uitleef van ons gemeentevisie.
LERAARSPROFIEL:
Ons is op soek na iemand wat sy of haar passie en gawes vir die Here wil kom aanwend.
Die Here liefhet en ’n lewende verhouding met Hom het.
’n Gelegitimeerde van die NG Kerk is met ’n gesonde waardering vir die gereformeerde tradisies.
Gemaklik is om alle ouderdomme te bedien.
Skrifgetrou en dinamies preek met ’n aanvoeling vir liturgie en aanbidding.
Oor goeie bestuursvaardighede beskik.
Die vermoë het om mense saam die toekoms in te neem.
’n Koninkryksvisie het.
Ruimte skep vir mense om God te beleef.
VERGOEDING:
Volgens voorgeskrewe sinodale skaal. ’n Pastorie is beskikbaar saam met al die ander byvoordele. Hierdie is ’n vastetermynpos vir drie jaar wat na gelang van omstandighede verleng kan word.
AANSOEKE:
’n Volledige CV, wat drie referente insluit met hulle kontakbesonderhede.
Kandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude en preekbeurte.
Stuur aansoeke aan die skriba per e-pos aan: ngkrichmondnk@gmail.com
SLUITINGSDATUM: 31 Desember 2022.
DIENSAANVAARDING: Begin Maart 2023 of so gou as moontlik daarna.
Navrae: die skriba, Susan Kock: 082 378 3619 of 053 004 0051.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
