Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: JUNIOR JEUGWERKER (KINDERS 0-12 JAAR)
Sluitingsdatum: 31 Desember 2022.
Diensaanvaarding: 1 Februarie 2023 of 1 Maart 2023.
Die Gemeente Durbanville-Bergsig is ’n gemeente met ’n groot fokus op gesinne en kinders. Ons nooi graag gelowiges uit wat geroepe voel binne die NG Kerk om aansoek te doen vir bogenoemde pos. Dit is ’n kontrakpos vir drie jaar.
GEMEENTEPROFIEL:
Durbanville-Bergsig is in Durbanville (Wes-Kaap) geleë en bedien ongeveer 3 500 belydende en 1 500 dooplidmate. Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees vir alle aktiwiteite met kinders 0-12 jaar oud. ’n Groot persentasie van ons gemeente bestaan uit gesinne met kinders. Die juniorjeug is ’n gevestigde bediening en het hulle eie erediens op ’n Sondagoggend en verskeie ander aktiwiteite gedurende die week.
KWALIFIKASIES EN ONDERVINDING:
- Tersiêre kwalifikasie – Jeugwerk of Teologie.
- Ervaring van drie jaar of meer in ’n gemeente-opset of soortgelyke veld waar met kinders gewerk word.
POSBESKRYWING:
Die belangrikste sluit die volgende in:
- Neem verantwoordelikheid vir die juniorjeug (0 jaar tot Graad 6).
- Glow Kidz diens op ’n Sondagoggend gedurende skoolkwartaal.
- Berading aan kinders met terugvoer aan ouers op aanvraag.
- Bemagtig en bestuur kategeseleiers.
- Fokus aktiwiteite bv jeugkampe/oorslape/vakansieprogramme.
- Skakeling met laerskole en ander gemeentes.
- Administrasie en beplanning van juniorjeugbediening.
Daar kan van die werknemer verwag word om enige ander pligte wat nie in die posbeskrywing uiteengesit is nie, en wat billik is, te verrig.
JUNIOR JEUGWERKER PROFIEL:
Die belangrikste sluit die volgende in:
- Sterk leierseienskappe en ’n gawe om met jong kinders te werk.
- ’n Spanspeler met ’n hoë premie op menseverhoudings.
- Goeie organisatoriese en administratiewe vaardighede.
- Sterk fokus op bou van verhoudings met laerskole in die Durbanville-gemeenskap.
- Moet gemaklik wees met die gebruik van nuwe tegnologie en virtuele kommunikasie.
- Geen kriminele rekord.
- Werksure Maandae-Vrydae, Sondae in skoolkwartaal (40 ure).
VERGOEDING:
Volgens voorgeskrewe sinodale riglyne.
AANSOEKE:
Belangstellendes moet asseblief ’n e-pos stuur aan dvk@bergsigdv.co.za met die volgende inligting:
- ’n Volledige CV.
- Drie toepaslike referente.
- ’n Kort, twee minute selfoonvideo, waarin jy jouself voorstel en motiveer waarom jy die geskikte kandidaat is vir die pos.
’n Kortlys van kandidate sal na sluitingsdatum opgestel word en sodanige kandidate sal gekontak word vir ’n onderhoud.
VERTROULIKHEID:
Alle inligting wat voorsien word sal as vertroulik hanteer word slegs vir die doeleindes waarvoor dit ingewin word. Neem kennis dat die inligting gedeel word binne verskillende afdelings van NG Kerk Durbanville-Bergsig en dat hiermee toestemming gegee word dat Bergsig die inligting kan prosesseer. NG Kerk Durbanville-Bergsig voldoen aan die vereistes van die Wet op die Beskerming van Persoonlike inligting, Wet 4 van 2013 “POPIA”.
ALGEMEEN:
Alle navrae kan gerig word aan bogenoemde e-posadres.
Alle kandidate sal teen 13 Januarie 2023 laat weet word of hulle suksesvol/onsuksesvol was.
Durbanville-Bergsig Gemeente behou haar die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
